Get Your Premium Membership

Die storie van klara viljee

Die storie van Klara viljee . My insperasie babbel vol duine. Die storie van Klara viljee . My insperasie babbel vol duine. voel jy soms verlore , praat haat, woede en vrees met jou ? Is jy dalk bang , magteloos en eensaam ? Ek dink nie ek is uniek in dat ek al daardie emosies voel op een of ander stadium in my lewe nie, die is natuurlik net die begin van `n warboel emosie wat daagliks dryg om ons lewe te bestuur, vas te klem en stuk vir stuk te versmoor. “Om dwars en hardkoppig te wees en teen die lewe se prikels te skop met wat reg en verkeerd is – is so goed om jou liggaam aan die duiwel te verkoop en self toesig te hou oor hoe hy die vernietigings werk doen” , dit was my ouma se laaste woorde na 37 jaar teen die stryd van kanker . Ja die woorde klink nie na veel nie , maar dit het soos `n foto vasgesteek in my kop. Ek het eers heelwat later agter gekom waarmee die duiwel besig was , nie net in my lewe nie maar in elkeen van ons se lewens. My lewe het eenvoudig begin , in die middel van die vrystaat op `n bitter klein dorpie met die naam Edenville. Die was `n gewone tipiese plaas dorpie waar almal mekaar geken het van mekaar se doene en late geweet het , en dan ja ook die stertjies wat daar aan gekoppel was. Jy kon werklik nie jou neus by die deur uitsteek of pampoen koop sonder dat iemand daarvan bewus was nie. Ek noem dit kleindorpie sindroom . As die buurvrou vandag haar hare rooi kleur doen die volgende persoon dit more , want om raak gesien te word was kompitiesie . Die een het altyd `n beter storie as die ander om oor te vertel en soms is die waarheid net nie goed genoeg nie. Nou van persoonlike ervaring weet ek as ek se daar is niks en ek bedoel absoluut niks wat jou so diep in die koffie sak kan sit soos `n skinderstorie nie. Ek glo wel wat ander van my dink het niks met my te doen nie , en al voel ek ook hoe vry van dit wat mense oor my te se het is daar wel `n takkie wat krap , want weet wil mens mos weet . Voorgee hou ook net so lank , jy lieg vir jou self en vir ander oor hoe jy oor die saak voel en dink dalk jy gee net eenvoudig nie om nie , maar waneer die masker sak en die werklikheid vir jou le en loer voel jy gekwes , seer en kwaad . Jy wil berge uit hardloop en stroome op swem , jy wil net skree en huil , en skree en huil sonder einde want hoe anders raak jy ontslae van hierdie oorweldigende emosie binne jou wat vreet en vreet soos teer aan jou gebroke binneste . In werklikheid sit jy suukies op jou bed agter `n geslote deur en huil, en vee vinnig die trane weg as jou privaatheid onderbreek word . Jy glimlag en kyk die lewe in die oe asof niks jou plae nie. Jy bevind jou self tussen `n groep mense en voel heeltemal aleen . Dis die waarheid , dit is eenvoudig jou noodlot . Niemand mag weet en niemand mag sien wat die hart wegsluit diep binne jou nie , want hoe verduidelik jy dit. Skinderstories maak kwaad en seer , die waarheid nog seerder omdat niemand dit weet nie, of kies om dit te igroneer. die storie gan oor jou liefdes lewe , dinge wat jy glo se en doen , of gebeure wat plaasgevind het en toe verkeerdelik aan die verkeerde mense oorvertel is . As `n tiener het ek soms snaakse dinge gehoor oor my self wat ek nie van myself geweet het nie , van die stories was seksueel , en dit dan met mense wat ek gladnie ken nie . Ek was in besprekings oor swangerskap geduurig . Dit was eintlik snaaks aangesien ek nog `n maagd was . Hiedie storie het later die manier waarop mense met my praat , en van my dink beinvloed, selfs famielie het geglo dat ek sal opdok nog voor matriek . En vandag kan ek met trots se dat hulle verkeerd was , ek wou so graag dinge doen om ander verkeerd te bewys, dat ek langs die pad my self verloor het , ek het `n totaal ander mens geword , my hart was hard en ek het verkies om blind tewees teenoor die wereld. Die mense nae aan my was op `n veilige afstand gehou , net vergenoeg om my hart te beskerm . Dit wat ek gedink het en gevoel het was verpak in stapels diep binne my hart waar niemand dit kan vind nie . Ek het gedink dat ek my self help en niemand nodig het om die las minder temaak nie. Maande het verby gegaan en stadig het my trane opgedroog , ek kon nie meer onthou hoe dit voel om te huil nie. Selfs al was daar `n knop in my keel so groot soos `n tennis bal , was daar nie `n enkele traan nie. Ek het na ander se probleme en situasies begin kyk en al dieper in die gat gesak , ek het gedink ek kan my self help , maar die laste van nie net my probleme nie maar ook ander sin het teveel vir my smal skouers geraak om te drae. Ek het net geweier dat iemand help om daai bagasie ligter te maak. Dit was my eie en ek moes self dit afskud . Ek het onlangs `n afrikaanse vliek gesien met die naam van “ Die storie van Klara Viljee” .Ek is nie regtig lief daarvoor om Afrikaanse films te kyk nie .Ek vind meeste Afrikaanse films net te voorspelbaar. Ek het `n paar oomblike getwyfel of ek die Storie van Klara Viljee wil sien. die film het oud gelyk en nie presies die selfde kwaliteit van films wat ons deesdae te siene kry nie. maar soos gewoonlik het my nuuskurigheid die oorhand ge kry en ek het besluit om gou te loer , tot my verbasing sit ek toe die hele film en kyk . Hoekom ? Die film was besonders , dit praat met `n mens , dit leer jou , breek jou en bou jou . Alles wat jy het , tot daar niks oorbly nie . Deur `n eenvoudige storie het ek die meeste diepte en antwoorde gevind op vrae wat mens eintlik nooit kon antwoord nie. Klara se duin was haar eie, sy sou hom skraap op haar manier , ALEEN. Nou hoekom ? Dit was Klara se bagasie , haar emosies en lewe uitgedruk in een groot hoop sand , met elke stukie vordering het die lewe verbeter want die bagasie was minder . Die storie leer ons ook dat hoe groot of klein die bagasie ookal mag wees , en hoe hard jy probeer dit rond drae jy kan dit nie aleen doen nie. Net soos klara se hande rou geword het en haar bene seer , so raak ons harte ook rou en seer . Ons ontken geduurig die duine in ons lewens , om daarby verby tekyk is net soveel makliker . Waneer daar niks meer is om te verloor nie en dit voel of daar niks is om voor te lewe nie word mens gedwing om die oogklappe aftehaal. Die duine is soms groot , Liefde, mag, siektes, eensaamheid, depresie, kwesbaarheid, weerwraak, vrees, mislukkings en swakselfbeeld , die is almal voorbeelde van duine wat in ons lewe opbou. Maar waneer ons begin om stukkie vir stukkie af te skrap word dit kleiner tot daar niks oorbly nie. Tyd vat nie die pyn of gebeure weg nie maar dit help jou leer om daarmee saam te leef. Al wat jy nodig het om die taak te verig is HOOP.... en `n nuwe wereld sal voor jou oop gaan, jy het nie nodig om die las aleen te drae nie , dit maak jou nie sterker nie net seer.

Copyright © | Year Posted 2016




Post Comments

Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem.

Please Login to post a comment

A comment has not been posted for this poem. Encourage a poet by being the first to comment.