Best Bly Poems
Ek was gevra om ietsie oor Pa te sê
Maar waar begin ek nou
Wanneer daar eintlik net een ding is wat ek nou wil doen
Om steeds my arms om Pa te vou
Maar nou is Pa weg
Na ‘n plek waar Pa tog graag wou wees
Bo by Liewe Jesus
Maar bly steeds hier by ons in gees
‘n Man met ‘n hart van goud
Wie slegs goeie dinge oor mense kon sê
‘n Bonatuurlike liefde vir ons
En wie slegs die beste vir sy kinders wou hê
Streng het ons grootgeword
Maar dit was oor Pa lief was vir ons
En alles wat ek as Pa se dogter wou hê
Was dat ek Pa se hart van trotsheid laat bons
Nou is ons Pa en Ma se maatjie weg
Ons belowe om mekaar te ondersteun
En aan die herinneringe te hou van ‘n besonderse man
Wat God slegs vir ons kon leen
‘n Man met ‘n Hart van goud
Dit is hoe ek Pa altyd sal onthou
En nou is dit tyd om totsiens te sê
Al wens ek, ek kon steeds my arms om Pa vou
*Dear PoetrySoup Members. I apologise to those of you who does not understand Afrikaans, but this poem is dedicated to a dear friend of mine who is Afrikaans. She told me a little bit about her father who recently passed on and I decided to put it together in a poem for her. I hope you guys do not mind. TS poetry was an absolute gem and translated what I wrote in my poem in his comment below. Thank you TS Poetry*
Pearl in sand of marble
by
Weston Gregory
Its her eyes, its her smile,
she's a wonderful girl all
the while.
There's no doubt where ever
she goes every man wants a bly;
One set waits on the corner and
whistle when she's passing by
one's bold and step up to her
to tell her hi.
She smiles, glints her eyes
and tell them bye bye,
good nature'ly telling them
please don't try.
Where ever she goes she
stands out,
walking,
talking,
standing, she's a classy lady
that's why
She's a pearl in sand of marbles
she's the season, modestly showing
she's stable'
An essence of fragrant petal,
her charm is no fable.
Die Lewens gang
So dwaal ek rond in die lewens gang
vol van verlange en oral teen di mure
hang potrete van herineringe.
Die tyd het geloop sy eie loop
geloop. Hy het ons mee gesleep en
wys gemaak. Tyd het geleer ons
geleer dat ale wonde genees, maar
tyd was ook te kort om vergaane
geliefdes weer te groet.
Soms is ons spyt gewees, soms het
ons net n sug van verligting, tyd sal
ons weer verder vat, Die onbekende
in die lewens lange gang af en oral
sal daar weer nog potrete by kom
van vriende en geliefdes wat in die
niet verdwyn. Maar die herinepringe
sal weer trug kom waneer ons stil
raak en trug blik na tye wat verby is.
Daar loop weer 2rye spore deur my
lewe, soos in die lewens gang van
ons lewe, verskyn daar ook n potrret
van jou op my muur, en ek weet uit
eindelik is jy ook op geteken in my
lewe. My gemoed raak stil want soos
van soveel kere van tevore moet ek
woner sal die potret bly hang, want
hier in die gang van di lewe is daar
onbekende dinge, dinge wat kan
uitwis dit wat eens mooi was. Dinge
wat gedagtes kan sper en gevoelens
kan koud laat, en ek skuif die prent
weer reg want met vetroue en geloof
sal die potret ook bly hang en die
kloue van liefde sal hou en nie laat
gaan.
Want die gang van die lewe is nooit
reguit nie.
Nuwe uit dagings wag. Om elke
draai, maar as ons om ons heen kyk
is ons geliefde daar, om te help te
hou op dit wat reg en eg is.
Want die mense rondom ons sien n
masker n masker wat niemand
behalwe ons geliefdes weet wat
agter aan gaan nie
Verdwyn
Gespruit en toe vergete met gewete van papier
Besluit te neem om als te los wat hierso agter bly
Eers drie; toe een; toe twee; toe vier
Die som van toekomsblik vir jou - maar eerder meer vir my
Die aand was koud en hunkring sterk sou waardes my verpas
Uitnodigend - en kort voor lank was jy my warm jas
Maar soos ‘n fondament bly ek die een wat agterbly
Ek doen en werk verwagtend want die vrug het my verly
As steunpilaar vir jare nog, sou ek die las moes dra
Vergete hoe die woeker-nag my meer as dit sou vra
Ons oes is nou die vrugte van die saad van liefdesdaad
Jou jas in my kas wil nie meer pas – ‘n las bly inderdaad
Eers twee, toe vier; toe drie dan een
Jou beurt die anker rol te speel, wyl ek die winter nag alleen
tot in die lente steeds sal wees – al is die kinders ook by my
Groei my enigheid tot bo, waar die Wysheid met sy hulp my lei.
The game was tight
The score was tied
It was the bottom of the ninth inning with two outs
The bases was loaded.
Up to bat was mad cat Alex Bly
The count was 3 & 2
The pitcher was shaking in her shoes.
As Mad cat was swinging the bat waiting for the pitch,
The pitch The crowed went wild as the ball was headed to center field.
High in the air it was, to first she ran
To second it looked good.
Third was was there for the taken.
oh good home it could be.
Then the ball came flying bye
The crowed went quite
The umpire yelled.
No home run today out by a inch
Then she woke up, And said The game is later Today.
Son
Die son by my het reeds gesak
Die duisternis was dik en koud
‘n Kaartjie maak my bene swak
Vir daardie nuwe oponthoud
Maar die kaartjie het alreeds verval
Toe het dit effens lig geword
Die nag was eintlik baie kort
Vir my het ek geweet, jy sal.
Nou’t die son weer opgekom
Haar lewe is die lig wat blom
Ja die son, sak nooit nie weer
As ek maar kon, sou ek dit keer
Mag ek lewe met die Son
Ja, daarso wou ek ewig bly
Al het ek reën oppad gekry
Ek het bly hoop vir net die Son
Ja – Son, ja!
Geskeide Kleuter
Pappa, my pappa – Het jy my mamma lief?
Hoekom bly jy hierso nou?
Vertel my asseblief?
Hoekom het my mamma nou
‘n ander man gekry? Is hy iets van my?
Sal hy haar nou vashou?
Ek wil nie meer by mamma bly –
dis lekker hier by jou
Het jy iemand anders? Dalk ‘n ander vrou?
Watter huis is dan my plek?
Waar pas ek die prentjie in?
Is ek jou kind, is ek? Is ek?
Ek wil jou hê -
Hoe gaan ons mamma sê?
Eensaam
Daai eensame man speel weer op sy kitaar
Sy lewe is vuil en skoon deurmekaar
Hy bly by ‘n murasie, maar dalk amper nie
En eensame voëls in die lug wat nog vlie’
Die drankbottels lê om hom, dis net waar jy kyk
Hy lewe, maar lyk soos ‘n lewende lyk
Van daeraad tot skemer – knaag dit aan sy lewer
die vrae van opregtes wat sondes ontwyk
Die wereld vergaan sels al is hy gedaan
Hy’t ook nie erens om eers heen te gaan
Maar sal hy sy droom met die mensdom kan deel?
Sien ons hom werk? Dink jy hy is al heel?
Sprake vs Skrywe
‘n Geskrewe woord kan nie vergaan, sal altyd sigbaar bly.
Maar hy wat nou die woord kan hoor, kan waarneem wat jy voel.
Die letter deur die oog gesien kry later eers sy doel.
Waar mondelings gesprekke vloei - sal die siel sy pasmaat kry
Want onpersoonlik koud en kul is woorde op papier:
Geen oogkontak, geen liggaamstaal, slegs twee-dimensioneel
Te maklik om dit uit te laat en te vinnig om te deel
word srywe, e-pos, SMS gesels se nuutste gier
Waar ons verbale wisselwerk die wonder laat gebeur
Groei siel-tot-siel uit mond-tot-mond; ‘n Liefde kan nou bot…
Want in die begin was daar die Woord, en Hy was self ook God
Teenwordig in ons kuiertjie kan Hy ons woord verwerp of keur
Slegs dan is dit wat binne in die siel en hart aangaan
Gelyk in tempo, en in pas, met die woorde van jou maat.
Want dialoog is almal s’n, en almal kan dit praat
Maar ‘n warm woord van jou na my – Maak dat ek jou verstaan
Violis
Vrolik, opgewek en bly
klink nog ‘n suiwer klank
van die violis se viool.
Die deuntjie tol
na ‘n dalende mineur mol
Iemand laat rol
sy trane van emosies.
Op laas word hy toegejuig
en bestrooi met
wit en bloedrooi rosies.
GEWETE.
Hoe jy nie in die lug bly hang nie
jou koue greep , harde hale
en tussen die droe takke le jy vir my en glimlag
en daar skiet die hemel oop
oplaas `n warm wind
wat streel streel jou koue asem weg blaas
en hoor nou net die kore van `n oggend lied
bring die lente stuk stuk terug
met eens die verlede lank klaar verby
en sit ek weer in die oggend strale
ek hou jou briesie op `n afstand weg
lag lag fluit die lente blare
skoon is die lug met aand sterre skitter
diep asems en tande kners
stok styf span die rug want
skielik hoor ek jou nog sag sag vir my vluister.
Jy staan voor my
Die mooiste glimlag
Die reinheid van jou hart
Die skoonheid van jou siel
Die wind waai liggies
Jou hare is in my gesig
En jou wang is teen myne
Mag hierdie oomblik nooit weg gaan nie
Mag jy altyd hier bly
Mag ek jou altyd binne my arms veilig hou
Jou oë staar met liefde
Jou hart praat my taal
Jou lyf is teen myne
Alles het begin met 'n droom
Toe ek jou daar sien staan in die donker
Jy het alleen geloop
Toe was ek daar vir jou
Ek is verlief
My hart is gesteel
Ek is nie wat ek was nie
Jy het my verander met jou glimlag
Jag musiek
Verworpe noot van harts-musiek
Het jy by my in die kerk versoek
Ek het gesing die Eng’le-lied
Vir daardie Engel in die Boek
Verlore is my sang-talent
My toekoms wonder ideal.
Maar die blomme het hul saad gegooi
Vir jou is daar weer ietsie mooi
My toekoms bly steeds oop, maar toe
Oopte vir veranderings, en toe om net te proe
Tot dan ten minste, so sê ek
Die nag sal kom wat ek vertrek…
"o-poss-a-moon," she.
o-poss-i-bly, will he ask?
impossible dreams
Kim Rodrigues (c) 2017
I stopped what I was doing. I got very still, and I breathed like I do when I hear noise
outside my room at night.
I listened to my poem.
It told me to stop expecting, stop thinking
and just be there for it.
I quickly squeezed one out.
I wanted to be a chef and
feed my friends a poem.
No.
That wasn’t it.
The poem peeked out at me again and said
I want to say to you what the wind says to you and what the warm breezes say.
Now, listen.
I stopped to listen.
I took from my book of seeds and crumbs.
I wanted to share a story like the stories that begin with, “Yesterday, I…”, or “I heard
this…”, or “Can you imagine…”.
I stopped chasing the poems.
I let the poem catch me.
The poem may hold you for a moment, then let you go, or it may become part of you
-- and you are one.
Title quote-attributed to Robt. Bly