Jy Het My Verander
Jy staan voor my
Die mooiste glimlag
Die reinheid van jou hart
Die skoonheid van jou siel
Die wind waai liggies
Jou hare is in my gesig
En jou wang is teen myne
Mag hierdie oomblik nooit weg gaan nie
Mag jy altyd hier bly
Mag ek jou altyd binne my arms veilig hou
Jou oë staar met liefde
Jou hart praat my taal
Jou lyf is teen myne
Alles het begin met 'n droom
Toe ek jou daar sien staan in die donker
Jy het alleen geloop
Toe was ek daar vir jou
Ek is verlief
My hart is gesteel
Ek is nie wat ek was nie
Jy het my verander met jou glimlag
Copyright © Johannes Kemp | Year Posted 2017
Post Comments
Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem. Negative comments will result your account being banned.
Please
Login
to post a comment