Best Soos Poems


Refleksie

'k kyk neer rivier
wat kronk'lend paaie baan
in dalle vloer
afgemat en steeds geboè
poele plas en blitsend 'kaats
drenkend dans palmiete gras
soos manne kras in kroee
dalk net dromend was
my refleksie in jou oè
Iris geruit as wimpers sluit
was binne-in my hart getoor
en bloedriviere in ons are bruis
vuurspuwend ons in lawa doop
die magma braak in kers se was
dog rooiend en bloedend soos ons passie was
eiland swart en eenkant ek
omring atol n trane oseaan
wat reent verkoeld tektonies bars
in woorde was so onbedoeld
was dit gans so ongehoord
Helaas!! KEER DIT VOOR!
..en eggo steeds nog minder so

Nagbepaling

Wie waak oor ons gans die wakkernag?
Vind sondes.lank vergete
n aanklag eggo in die gewete
Dalk net stank demone
Wat slaaploos toi-toi in talle drome

Watter wekker skrik sy meester kaal
Wyl hy rondtol.in n lakenhel?
Skape, pennies en sy woorde tel
Of plak gebede saam met drome vas
Teen blank plafonne en die linnekas?
En ook skimme wat eens mense was
n vingerskrif op die klagstaat straf

Ander sluimer niksbeduidend
Wereld werk nog steeds misleidend
Introspeksie hou het geen verband
Onwelkom het net ingekom
Soos infeksie in n agtertand

Prokureur teem onbeholpe
'k kort n advokaat
n leuenverklikker wat moet wèèt waarvan hy praat
Opgetof en opgetoga en n omkoopmagistraat
Sinies en insomnies 
naghof ronddool in n doodloopstraat
Wie sake uitgooi maar dan skelm uitstel
Weereens more ons beroof van geld en slaap

Die Reptiel Vrou - the Reptile Woman

Die reptiel vrou
Het my alweer geflous 
Met my gedeel, haarself ontbloot, 
en toe
Die bitter gif gespoeg

Dit vloei uit my bors uit, deur my are
Verander my bloed - haar bloed
Word swart, taai, en koud
Soos haar hart 
 
***

The reptile woman
Has fooled me again
Shared with me, exposed herself
and then
Spat out the bitter venom 

It flows out of my chest, through my veins
Changes my blood - her blood
Becomes black, sticky, and cold
Like her heart


Soort Soek Soort

Soort soek soort

Soort soek soort
Voëls van ‘n veer
vergader tesame
weer en weer.
Ons beelde is nou
in aparte rame
Tog blyk dit soos een
naam van die selfde
soort, ja soek soort

Die Lewens Gang

Die Lewens gang 

So dwaal ek rond in die lewens gang 
vol van verlange en oral teen di mure 
hang potrete van herineringe. 

Die tyd het geloop sy eie loop 
geloop. Hy het ons mee gesleep en 
wys gemaak. Tyd het geleer ons 
geleer dat ale wonde genees, maar 
tyd was ook te kort om vergaane 
geliefdes weer te groet.

Soms is  ons spyt gewees, soms het 
ons net n sug van verligting, tyd sal 
ons weer verder vat, Die onbekende 
in die lewens lange gang af en oral 
sal daar weer nog potrete by kom 
van vriende en geliefdes wat in die 
niet verdwyn. Maar die herinepringe 
sal weer trug kom waneer ons stil 
raak en trug blik na tye wat verby is.

Daar loop weer 2rye spore deur my 
lewe, soos in die lewens gang van 
ons lewe, verskyn daar ook n potrret 
van jou op my muur, en ek weet uit 
eindelik is jy ook op geteken in my 
lewe. My gemoed raak stil want soos 
van soveel kere van tevore moet ek 
woner sal die potret bly hang, want 
hier in die gang van di lewe is daar 
onbekende dinge, dinge wat kan 
uitwis dit wat eens mooi was. Dinge 
wat gedagtes kan sper en gevoelens 
kan koud laat, en ek skuif die prent 
weer reg want met vetroue en geloof 
sal die potret ook bly hang en die 
kloue van liefde sal hou en nie laat 
gaan.

Want die gang van die lewe is nooit 
reguit nie.  

Nuwe uit dagings wag. Om elke 
draai, maar as ons om ons heen kyk 
is ons geliefde daar, om te help te 
hou op dit wat reg en eg is. 

Want die mense rondom ons sien n 
masker n masker wat niemand 
behalwe ons geliefdes weet wat 
agter aan gaan nie

Ons Almal Sterf Alleen

'n Oomblik waardig van afsondering
'n Vreemdeling nie deur ander gesien
Is ons die verlate?
Is ons die verlater?
Lewe in die nag om sy wreedheid te skuil
Hul gesigte belig die skerms
Die rykes maak geld uit dié oorlog
Die sterftesyfer styg
Nog 'n verraaier
Die leuenaar, die patriot
Hoeveel leuens, hoeveel sterftes
Afgemaai soos 'n lam wat geslag word
Nog 'n spook vir jou verlede
Nog 'n gelowige, nog 'n slagoffer
Ken nie die pad van die tou na die vloer
Kyk in die gesig van die wat jou verraai
Jy is die gejagte, die slagoffer, die prooi en die vervalle
Ons sterf almal alleen.


Vriendskap

Gewoonlik is my boundaries sterk 
Word ek assigned deur guidance met a Engels'vlerk
My journey neem langer en my sielsnare word gevleg
My boundaries raak flexible en a unieke konneksies word aanmekaar geheg
A journey het ontwikkel in a vriendskap so eg
Dit gaan my verstand te bowe want dis so opreg

God praat in a taal 
Wat ons laat stil staan
Aandagtig in afwagting laat luister
Na Sy liefdestaal wat Hy in ons harte fluister

God wil my wys ek is gebless
Sag en delikaat word ons 'gepress'
Hierdie keer is ek uitgebole vir a ses
Soms moet ek relax, let go en vergeet van die res
Hierdie is wat God vir my skets om te besef...

A vriendskap gestuur van Bo
A konneksie met frekwensies watse sein nie verloor 
God het ons gebless met baie in stoor 
A hegte band in ons harte in geboor

In a droom staan ek buite my liggaam en staar
Na a sielskonneksie so raar
A Visie in die droom omvou my om te aanvaar
God se tyd en redes is set in stone en klaar

Ek word gewys
ek is besig om op a deurskynende glasbord te skryf 
Met rooi cokie en merke soos ek uitvee en oor die bord vryf...
jy kom met jou blou cokie aan 
Help my met die organogram en teken a traan...
Verward staan my siel en kyk en wil net nader gaan... 
Let op na die stilte, die konsentrasie en vloei
Saam vorm ons die kleur op die bord wat gloei
In a moment kraak die glas in a spiderweb form...
Begin ons huil soos  a raining storm

Verward staan ek en kyk en vra Here wat nou???
Als was so spontaan hoekom kan dit nie aanhou???

Ek kry a duidelike antwoord wat van langs my af kom
Dink aan die visie...
dit slaan my stom...

A deurskynende glasbord so sterk en skoon
Maar wat is die doel as daar nie a boodskap in kleur vertoon
sonder kleur geskryf is die glasbord doelloos
Die 'smutch' merke op die bord is van gebeure in die lewe wat jou laat bloos
Die traan word vasgevang in die spiderweb
om jou te herinner julle is daar vir mekaar in die scattering moments of life in 'flashing' red
Live your life met veelvoudige pret.

Mensekind

MENSEKIND
 UNSUPPORTED CODE Ek is n mensekind
Nie net sommer van die wind

Ek het gevoelens
en baie goeie bedoelings.
Ek voel dikwels nie in beheer
en mense maak my kort – kort seer

Ek is soos ‘n teater:
Mense kom net vir vertonings
en dan sien jy hulle heelwat later

My hart is ‘n uitgedroogde sandkorrel
wat enige tyd kan breek en verkrummel

Ek is soms baie lui
Want ek vra net en kry
My woede is soos die Victoria watervalle
Dit bedaar amper nooit en tref
my naaste soos geweerknalle

Dag tot dag lewe ek
soms voel ek soos ‘n kraan wat lek en lek

My hart en siel behoort aan God
Somtyds wonder ek of God my en ander raaksien?

Ek is net nog ‘n mensekind
wat wonder of ek partykeer rus sal kan vind UNSUPPORTED CODE

Troep

Ek wou nie wees als wat ek kon 
wees,
Ek wou nie meer 0800 gedoen het 
as ander,
Maar ek moes, om 'n beter 
toekoms te he.

Troep maak seker die 
vlag op jou linker skouer waai 
altyd vorentoe,
Trope grawe daai gat,
Troep skeer jou hare,
Troep, is jy lief vir jou land.

Dit is maklik om n mens te laat 
doen wat onmenslik is
As jy hom eers laat vergeet dat hy 
mens is.
Afgryse is minder afgryslik
As dit deel is van jou werk 
beskrywing.

Toe ek my eerste dooie kind 
gesien het,
Het ek my self oorreed dat dit is 
waarvoor ek opgelei was.
Toe ek my tiende dooie kind 
gesien het,
Het my brein hulle in 'n 
kompartement begin stoor.
Toe ek my eerste dooie soldaat 
gesien het,
Het ek myself gesê dit sal nooit 
ek 
wees.

'n Familie man lyk net soos 'n 
terroris.
Jihad beteken heilige oorlog,
Maar ek het die verkeerde god 
aanbid in daai land.
Hulle oorlog was 'n oorlog teen 
my.
Ek het geantwoord met my 
geweer,
Nooit vrae gevra nie.

Ek het huis toe gekom met al my 
vingers en tone,
Maar 'n gedeelte van my het 
agter 
gebly.
In die aand maak my brein daai 
doods kompartement oop.
Ek was 'n soldaat,
Maar verkoolde lyke maak vir 'n 
kak alarm in die oggend,
Lucifer se braai het 'n neiging om 
aan jou neus te kleef,
Insomnia doen min om my 
senuwees te kalmeer.

Meeste mense droom hul lewe 
lank om 'n held te wees,
Ek herleef dit elke nag in my 
nagmerries.

Verdwyn

Verdwyn 

Gespruit en toe vergete met gewete van papier
Besluit te neem om als te los wat hierso agter bly
Eers drie; toe een; toe twee; toe vier
Die som van toekomsblik vir jou - maar eerder meer vir my 

Die aand was koud en hunkring sterk sou waardes my verpas
Uitnodigend - en kort voor lank was jy my warm jas
Maar soos ‘n fondament bly ek die een wat agterbly
Ek doen en werk verwagtend want die vrug het my verly

As steunpilaar vir jare nog, sou ek die las moes dra
Vergete hoe die woeker-nag my meer as dit sou vra
Ons oes is nou die vrugte van die saad van liefdesdaad
Jou jas in my kas wil nie meer pas – ‘n las bly inderdaad 

Eers twee, toe vier; toe drie dan een 
Jou beurt die anker rol te speel, wyl ek die winter nag alleen
tot in die lente steeds sal wees – al is die kinders ook by my
Groei my enigheid tot bo, waar die Wysheid met sy hulp my lei.

Moeg

Moeg

Die vaak oorval my moeë liggaam
Ook maar dan figuurlik net
Kom ons paaie ooit weer saam
Sal my brose hart jou oë belet

Moeg vir al die kommer, Ja.
Dit was die oorsaak wat my pla.
Jy met jou ou sirkel-dans
Het misbruik my soetste kans

Gekluister in jou fluisterstem
Soos donderslae my siel weerliknk
My denke was oplaas geklem
Jou woorde weer geblink, gewink,
	….gestink!

Twintig Tien Tot Nou

Twintig tien tot nou

So vinnig soos jy inwurm… in troosprys vlees-genot
..en dink dat dit so lank sal hou; Pasop vir toekoms lot!
En as ek dan verkeerd mag wees – bewys dit dat jy het 
presies gedoen wat ek kon sien; Die fout was niè ons bed!

As ek die feite reg verstaan; en my gedagtes dwaal
na daardie tyd toe hy besluit; my by my werk kom haal – 
en  saam met ons… aan tafel sit – selfs oorslaap vir die nag…
Die legkaartstuk ontbloot aan my…: dat jy hom toè al smag!

En effens met die tyd verloop; steeds in ons ou verhaal.
(Dit was daai aand wat èk weg was) jou skandes jou inhaal.
Gesê dat dit ‘n hoorsê was…; jy hom nie aan wou raak…
Twee jaar later, facebook wys…, jul foto amper naak!

Nou sê jy my dat ek verbrou en jou wou agterlaat?
Terwyl die laaste legkaartstuk jou sondes teen my haat
wil ek probeer om aan te gaan…; my lewe op te bou
in plaas daarvan om blindelings my drang te onderhou.

Ek draai my rug finaal op jou, maak jy maar soos jy moet.
Mag hy jou gelukkig maak. Mag jy hom alles gee.
Ek was my hand onskuldig met -  my vredevol’ gemoed
terwyl ek dan die laaste traan…; hier van my wang af vee.

Duet

Duet poetry soup

In gemeen was darem een
Die binne-wens na musiekant
My woorde sal ek jou verleen
Ek ‘n alt, en jy duskant…

Sing saam my die glorie-lied
Wat lof besing aan Hom wat bied
Die wonders van ons voortbestaan
Die pyn het seker al vergaan?

Albums maak ons vol en droom
Nou sal ek hier langs jou staan
Saam te sing soos idioom
Sodat die werklikheid vergaan

Eensaam

Eensaam

Daai eensame man speel weer op sy kitaar
Sy lewe is vuil en skoon deurmekaar
Hy bly by ‘n murasie, maar dalk amper nie
En eensame voëls in die lug wat nog vlie’

Die drankbottels lê om hom, dis net waar jy kyk
Hy lewe, maar lyk soos ‘n lewende lyk
Van daeraad tot skemer – knaag dit aan sy lewer
die vrae van opregtes wat sondes ontwyk

Die wereld vergaan sels al is hy gedaan
Hy’t ook nie erens om eers heen te gaan
Maar sal hy sy droom met die mensdom kan deel?
Sien ons hom werk? Dink jy hy is al heel?

Jy By Die See

Jy by die see 

In my drome sien ek ‘n duidelike beeld
Van jou en hoe jy wandel langs die see
en die aandwind huil alweer verveeld
net voor die eerste ster sy glimlag gee

Donker kaalvoet spore sink diep in  
nog dieper in die nat en koue sand
Ek verlang nou, en ek wens, besin
Ag, was jou spore maar in my hand
Die lang spore ry loop kronkelend
Soos wat jy vlug, en soos wat jy jaag
Weg van die bruisende gety

Oomblikke later – Die maanlig skuif verby

Die laaste sonlig weerkaats jou gesig
Al blink dit nogsteeds, steur dit nie jou sig
Jou een oog is oop, en steeds is hy droog
Tog wil daar trane uit alby oë kom.

‘n reguit ry spore vleg deur joune in
Iets jaag jou steeds
Of wie volg jou spore, waar het dit begin?
dalk kan dit ek wees?

Jou spoor is nog nie in myne gevlek
Die strand lê nog ver vorentoe uitgestrek…

Get a Premium Membership
Get more exposure for your poetry and more features with a Premium Membership.
Book: Radiant Verses: A Journey Through Inspiring Poetry

Member Area

My Admin
Profile and Settings
Edit My Poems
Edit My Quotes
Edit My Short Stories
Edit My Articles
My Comments Inboxes
My Comments Outboxes
Soup Mail
Poetry Contests
Contest Results/Status
Followers
Poems of Poets I Follow
Friend Builder

Soup Social

Poetry Forum
New/Upcoming Features
The Wall
Soup Facebook Page
Who is Online
Link to Us

Member Poems

Poems - Top 100 New
Poems - Top 100 All-Time
Poems - Best
Poems - by Topic
Poems - New (All)
Poems - New (PM)
Poems - New by Poet
Poems - Read
Poems - Unread

Member Poets

Poets - Best New
Poets - New
Poets - Top 100 Most Poems
Poets - Top 100 Most Poems Recent
Poets - Top 100 Community
Poets - Top 100 Contest

Famous Poems

Famous Poems - African American
Famous Poems - Best
Famous Poems - Classical
Famous Poems - English
Famous Poems - Haiku
Famous Poems - Love
Famous Poems - Short
Famous Poems - Top 100

Famous Poets

Famous Poets - Living
Famous Poets - Most Popular
Famous Poets - Top 100
Famous Poets - Best
Famous Poets - Women
Famous Poets - African American
Famous Poets - Beat
Famous Poets - Cinquain
Famous Poets - Classical
Famous Poets - English
Famous Poets - Haiku
Famous Poets - Hindi
Famous Poets - Jewish
Famous Poets - Love
Famous Poets - Metaphysical
Famous Poets - Modern
Famous Poets - Punjabi
Famous Poets - Romantic
Famous Poets - Spanish
Famous Poets - Suicidal
Famous Poets - Urdu
Famous Poets - War

Poetry Resources

Anagrams
Bible
Book Store
Character Counter
Cliché Finder
Poetry Clichés
Common Words
Copyright Information
Grammar
Grammar Checker
Homonym
Homophones
How to Write a Poem
Lyrics
Love Poem Generator
New Poetic Forms
Plagiarism Checker
Poetry Art
Publishing
Random Word Generator
Spell Checker
What is Good Poetry?
Word Counter