Twintig Tien Tot Nou
Twintig tien tot nou
So vinnig soos jy inwurm… in troosprys vlees-genot
..en dink dat dit so lank sal hou; Pasop vir toekoms lot!
En as ek dan verkeerd mag wees – bewys dit dat jy het
presies gedoen wat ek kon sien; Die fout was niè ons bed!
As ek die feite reg verstaan; en my gedagtes dwaal
na daardie tyd toe hy besluit; my by my werk kom haal –
en saam met ons… aan tafel sit – selfs oorslaap vir die nag…
Die legkaartstuk ontbloot aan my…: dat jy hom toè al smag!
En effens met die tyd verloop; steeds in ons ou verhaal.
(Dit was daai aand wat èk weg was) jou skandes jou inhaal.
Gesê dat dit ‘n hoorsê was…; jy hom nie aan wou raak…
Twee jaar later, facebook wys…, jul foto amper naak!
Nou sê jy my dat ek verbrou en jou wou agterlaat?
Terwyl die laaste legkaartstuk jou sondes teen my haat
wil ek probeer om aan te gaan…; my lewe op te bou
in plaas daarvan om blindelings my drang te onderhou.
Ek draai my rug finaal op jou, maak jy maar soos jy moet.
Mag hy jou gelukkig maak. Mag jy hom alles gee.
Ek was my hand onskuldig met - my vredevol’ gemoed
terwyl ek dan die laaste traan…; hier van my wang af vee.
Copyright © Herman Dormehl | Year Posted 2015
Post Comments
Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem. Negative comments will result your account being banned.
Please
Login
to post a comment