Jy By Die See

Jy by die see 

In my drome sien ek ‘n duidelike beeld
Van jou en hoe jy wandel langs die see
en die aandwind huil alweer verveeld
net voor die eerste ster sy glimlag gee

Donker kaalvoet spore sink diep in  
nog dieper in die nat en koue sand
Ek verlang nou, en ek wens, besin
Ag, was jou spore maar in my hand
Die lang spore ry loop kronkelend
Soos wat jy vlug, en soos wat jy jaag
Weg van die bruisende gety

Oomblikke later – Die maanlig skuif verby

Die laaste sonlig weerkaats jou gesig
Al blink dit nogsteeds, steur dit nie jou sig
Jou een oog is oop, en steeds is hy droog
Tog wil daar trane uit alby oë kom.

‘n reguit ry spore vleg deur joune in
Iets jaag jou steeds
Of wie volg jou spore, waar het dit begin?
dalk kan dit ek wees?

Jou spoor is nog nie in myne gevlek
Die strand lê nog ver vorentoe uitgestrek…
Copyright © | Year Posted 2015

Poem

Post Comments

Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem. Negative comments will result your account being banned.

Please Login to post a comment

Be the first to comment on this poem. Encourage this poet.

Get a Premium Membership
Turn off ads, get more exposure for your poetry, and get more features with a Premium Membership.
Book: Diverse Voices: The Poetry of Human Rights and the Pursuit of Peace