Daars n ster wat op ons glinster
Gly n druppel aan die venter
Kyk die sproeiers op die lande
En voels is blomme van die hemel
Deur my dagboeke van goster blaai tor twintigste Desember
Lees dan tussen deur die lyne
Le nog stukkies van die tyding
Onthou jy nog die rede waarom jy moes weggaan
Waarom moes jy weggaan dan skuif n work daar voor die maan
Daars n Dennebos in Ceres waar ek wegkruip as dit seer is
As jy wandel deur die pyne
Wat was joune wat was myne
Ek was maar net n laaitie toe jy altyd weer moes weggaan
Teen die wolwe moes ek man staan
Ek probeer maar net verstaan
Daars n skoenlapper wat fluister
Ek verbeel my hy het kom luister
Die kokon wat jou so hinder
Jy verander in n vlinder
Mera weer menu chakma dain de loor nahi,
Menu pata ay akheer bheri hundi ay janab.
GEWETE.
Hoe jy nie in die lug bly hang nie
jou koue greep , harde hale
en tussen die droe takke le jy vir my en glimlag
en daar skiet die hemel oop
oplaas `n warm wind
wat streel streel jou koue asem weg blaas
en hoor nou net die kore van `n oggend lied
bring die lente stuk stuk terug
met eens die verlede lank klaar verby
en sit ek weer in die oggend strale
ek hou jou briesie op `n afstand weg
lag lag fluit die lente blare
skoon is die lug met aand sterre skitter
diep asems en tande kners
stok styf span die rug want
skielik hoor ek jou nog sag sag vir my vluister.
Met die skare wat skree
In die hoop van U wederkoms
vir die lof van U majesteit
met my hart weer aan U gegee
wil ek die wereld bewys
dat U in my verhuis
Aan U behoort lof, eer en soveel meer,
want deur die Bloed van U Seun,
het U ons geseen,
om n nasie te word
wat op U sal steun
Soos Israel in die woestyn
is ons geloof soms te klein
om te begryp wat ons in U kan kry.
Son
Die son by my het reeds gesak
Die duisternis was dik en koud
‘n Kaartjie maak my bene swak
Vir daardie nuwe oponthoud
Maar die kaartjie het alreeds verval
Toe het dit effens lig geword
Die nag was eintlik baie kort
Vir my het ek geweet, jy sal.
Nou’t die son weer opgekom
Haar lewe is die lig wat blom
Ja die son, sak nooit nie weer
As ek maar kon, sou ek dit keer
Mag ek lewe met die Son
Ja, daarso wou ek ewig bly
Al het ek reën oppad gekry
Ek het bly hoop vir net die Son
Ja – Son, ja!
Jag musiek
Verworpe noot van harts-musiek
Het jy by my in die kerk versoek
Ek het gesing die Eng’le-lied
Vir daardie Engel in die Boek
Verlore is my sang-talent
My toekoms wonder ideal.
Maar die blomme het hul saad gegooi
Vir jou is daar weer ietsie mooi
My toekoms bly steeds oop, maar toe
Oopte vir veranderings, en toe om net te proe
Tot dan ten minste, so sê ek
Die nag sal kom wat ek vertrek…
Jou wens
Die vraag is ‘n stuk van my moed.
So asof ons dit albei weet.
‘n Druk van een, gee sonne-gloed
Ag, kon ‘n mens dit maar net meet?
Tog besef, my eensaamheid
die soektog na die wedren-uil
van jaloesie en afgunstigheid
wat binne in jou glimlag skuil.
Jou bede heel nogsteeds die tyd
Verlore paradyse weer gevind.
Koue weer kon dit nie keer
Onthou waar ons, ons toe bevind…
Mag jy die vreugde weer herleef
My broederskap jou hart in weef
Dalk sal jy weer dit verstaan?
Die weg waarlangs ek met jou gaan?
Soort soek soort
Soort soek soort
Voëls van ‘n veer
vergader tesame
weer en weer.
Ons beelde is nou
in aparte rame
Tog blyk dit soos een
naam van die selfde
soort, ja soek soort
Lewe in ‘n Spieël
Hoekom kan jy maar nie sien, wat in my kop aangaan?
‘n beeld van jou so duidelik, wat nimmer wil vergaan!
Is dit dan net ek alleen wat hierdie droom wil leef?
Was ek toe nie die afbeelding, die spieëltjie teen die muur?
Is dit wat tussen ons kom staan se losprys net te duur?
Hoekom kan jy nie laat los en weer ‘n slag kom leef?
Jy wil die beelde stukkend slaan met stiltes tussen in
My pogings om jou raak te sien se einde voor begin
Kan ek nie by jou loslaat nie, want jy sou dit uitleef!
Spieëltjie, spiëeltjie aan die wand, is liefde dan verban?
Kan sy nie maar die twyfel vaar? Ek’s seker dat sy kan!
Help my om haar trou te wen, sodat ons saam kan leef!
Want dit wat in my kop aangaan is nagenoeg die wens
van strokiesboek-verhaal sukses – Maar naastenby ‘n mens
Sal jy die spieëlbeeld van my droom…
in jou verhaal kan leef?
Skiet mis
In plaas van woorde uit my pen
Vloei trane uit my hart se oog
Sodra ek sien ek het gewen
Besef ek hoe haar blom uitdroog
In minder as net sewe dae
verloor haar hart sy steun. En weer
probeer oortuig dat wat ek vra:
“Vergeet eenvoudig van die seer”
Verwagtend na die nuwe droom
Voor tyd sy skade weer oopvlek
Vloei woorde na my put se stroom
Waar trane uit ‘n boog vertrek
Tref mis alweer – onsekerheid.
Jy skild en pantserlaag jou hart!
Met ystepyl gelowigheid,
oortuigend, mik ek sonder smart
Kom wind, kom weer – Kom oseaan
(Geïnspireer deur Laurika Rauch se lied)
Ek droom van my eie huis eendag by die see
Vir Laurika eentyd was dit nag
Myne staan ook op ‘n rots: maar dis dag
Daar in my huisie oordink ek my weë
Geen wind, geen weer, of oseaan maak my bang
Nagwaak nie meer, maar met daglig versier
Al is ons arm, my huisie is duur
Want daai kant is hartjies aan die muur op gehang
Sonsak, Suidwester se wind laat my bid:
Ek dank U o Heer vir die goed wat ek het
Die oseaan, my maatjie, die stoep en my bed
Hier by my huisie kan ons rustig sit
"Kom wind, kom weer – Kom oseaan"
Die storms en winde kan ek nou verstaan.
Moeg
Die vaak oorval my moeë liggaam
Ook maar dan figuurlik net
Kom ons paaie ooit weer saam
Sal my brose hart jou oë belet
Moeg vir al die kommer, Ja.
Dit was die oorsaak wat my pla.
Jy met jou ou sirkel-dans
Het misbruik my soetste kans
Gekluister in jou fluisterstem
Soos donderslae my siel weerliknk
My denke was oplaas geklem
Jou woorde weer geblink, gewink,
….gestink!
Eensaam
Daai eensame man speel weer op sy kitaar
Sy lewe is vuil en skoon deurmekaar
Hy bly by ‘n murasie, maar dalk amper nie
En eensame voëls in die lug wat nog vlie’
Die drankbottels lê om hom, dis net waar jy kyk
Hy lewe, maar lyk soos ‘n lewende lyk
Van daeraad tot skemer – knaag dit aan sy lewer
die vrae van opregtes wat sondes ontwyk
Die wereld vergaan sels al is hy gedaan
Hy’t ook nie erens om eers heen te gaan
Maar sal hy sy droom met die mensdom kan deel?
Sien ons hom werk? Dink jy hy is al heel?
Mismaakdheid
Verwoedend, pynend, Ignorasie
Moes skielik teen my hart kom bots
Ek het verbeur die laaste kansie
My vasgeloop in ‘n harde rots
‘n Ander was bo my verkies
Ek is weer in duister gelaat
Jou laaste wins was my verlies
Maar dis nou oor. Dit is te laat!
Gryp jy maar nou jou laaste las
Laat vaar ook dan die eerste bate
‘n trein na rus het jy verpas
Werk voort en grou maar julle gate
Verlore tegniek
Waar is die dae, toe ek nog kon soen?
Wie het geweet wat die storie sou kos?
Hoeveelste doelwit het ek weer gemis?
Hoekom het ek dan maar altyd verloor?
Waar is my roem en my rykdom dan heen?
Wie was die dief in die nag wat my roof?
Liefde se ore is nou vir my doof!
Waar is die dae toe ek “Ek kan” kon sê
Nou is dit net “Ek kon” wat ek nog kan sê
Besef hoe my skematiese lewensstyl
‘n stylvolle lewe - maar soekend - verspul
My dae was getel, en vir altyd verkul
Geen iets van niks, het meer waarde as nul
Sal ek van vooraf moet se “Ek kan weer”?
Het al die “Kan nie’s" my dalk iets geleer?
Sub Categories
Looking for the formal definition, structure, and history of this poetry form? Visit the Poetry Dictionary entry below. Then return to explore how PoetrySoup members bring the form to life through their own poems.