Verlore Tegniek

Verlore tegniek

Waar is die dae, toe ek nog kon soen?
Wie het geweet  wat die storie sou kos?
Hoeveelste doelwit het ek weer gemis?
Hoekom het ek dan maar altyd verloor?

Waar is my roem en my rykdom dan heen?
Wie was die dief in die nag wat  my roof?
Liefde se ore is nou vir my doof!

Waar is die dae toe ek “Ek kan” kon sê
Nou is dit net “Ek kon” wat ek nog kan sê

Besef hoe my skematiese lewensstyl
‘n stylvolle lewe - maar soekend - verspul
My dae was getel, en vir altyd verkul
Geen iets van niks, het meer waarde as nul

Sal ek van vooraf moet se “Ek kan weer”?
Het al die “Kan nie’s" my dalk iets geleer?
Copyright © | Year Posted 2015

Poem

Post Comments

Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem. Negative comments will result your account being banned.

Please Login to post a comment

Be the first to comment on this poem. Encourage this poet.

Get a Premium Membership
Turn off ads, get more exposure for your poetry, and get more features with a Premium Membership.
Book: Diverse Voices: The Poetry of Human Rights and the Pursuit of Peace