Lewe Vir Hom
Met die skare wat skree
In die hoop van U wederkoms
vir die lof van U majesteit
met my hart weer aan U gegee
wil ek die wereld bewys
dat U in my verhuis
Aan U behoort lof, eer en soveel meer,
want deur die Bloed van U Seun,
het U ons geseen,
om n nasie te word
wat op U sal steun
Soos Israel in die woestyn
is ons geloof soms te klein
om te begryp wat ons in U kan kry.
Copyright © Neil Kruger | Year Posted 2015
Post Comments
Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem. Negative comments will result your account being banned.
Please
Login
to post a comment