Best Weer Poems


Scherben Des Lebens/ the Shards of Life/ Los Fragmentos De La Vida

Die Scherben des Lebens lassen sich nicht kitten.  (German)

The shards of the life cannot be cemented.  (English)

Los fragmentos de la vida no se puede enmasillar.  (Spanish)

Les éclats de vie ne peu pas être à nouveau ensemble.  (French)

I frammenti di vita non può essere di nuovo insieme .  (Italian)

Die skerwe van die lewe kan nie weer saam wees. (Afrikaans)

Ang mga tipak ng buhay ay hindi maaaring simentuhin. (Tagalog)

Cioburile vietii nu pot fi cimentat. (Romanian)

Biltong and Bread

Konkas draw a blanket over the flats,
but our state live like over fed fat cats
Zuma had another great opinion,
now we must dream of a Rand reunion

People crying, life’s an uncertain fate,
but they are building another toll gate
Nkandla was built for his many wives
"Fire pool" just brings out our angry knives

All the voters wanted; a piece of bread!
Now even the family pet is dead
Zuma laughs and hands his dog some biltong
and sings another ushini kill song

We are done with this sick gravy train gang
The day has come for the biltong to hang


Konka : drum with holes for fire keeping warm makes smoke
flats: slang for cape flats…a area people stay
Rand: South African currency
Nkandla: Zuma’s estate “upgrade” used 270 million rand of taxpayer’s money
fire pool: what he called the swimming pool in upgrade scandal
Ushini: machine gun struggle song used to sweep up support
Biltong: luxury food similar to beef jerky..is hung to dry when made
Zuma : corrupt president of South Africa
#zumamustfall


original I wrote

Biltong en Brood

Konkas trek n kombers oor die vlaktes,
maar die staat luister nie meer na klagtes
Zuma het nou eers weer n opienie,
en nou hou ons vir die Rand ruinie

Ons het geen werk en tot ons honde vrek,
maar die staat beplan net nog n duur toll hek
Nkandla waar hy sy vroue huisves
maar dit bereik net vuur emmers moles

Die kiesers vra net n klien stukkie brood
maar hy se dis n leun die hongersnood!
Zuma lag en gee biltong vir sy hond 
Hy smeer botter om die kiesers se mond

Ons staan op en sal ons nie weer laat vang
Die dag het gekom, dat die biltong sal hang
© Just James  Create an image from this poem.

Soort Soek Soort

Soort soek soort

Soort soek soort
Voëls van ‘n veer
vergader tesame
weer en weer.
Ons beelde is nou
in aparte rame
Tog blyk dit soos een
naam van die selfde
soort, ja soek soort


Kom Wind, Kom Weer, Kom Oseaan

Kom wind, kom weer – Kom oseaan
(Geïnspireer deur Laurika Rauch se lied)

Ek droom van my eie huis eendag by die see
Vir Laurika eentyd was dit nag
Myne staan ook op ‘n rots: maar dis dag
Daar in my huisie oordink ek my weë

Geen wind, geen weer, of oseaan maak my bang
Nagwaak nie meer, maar met daglig versier
Al is ons arm, my huisie is duur 
Want daai kant is hartjies aan die muur op gehang

Sonsak, Suidwester se wind laat my bid:
Ek dank U o Heer vir die goed wat ek het
Die oseaan, my maatjie, die stoep en my bed
Hier by my huisie kan ons rustig sit

"Kom wind, kom weer – Kom oseaan"
Die storms en winde kan ek nou verstaan.

N Trotse Afrikaner Boer

N TROTSE AFRIKANER BOER

Ek staan vanaand en kyk na my land 
Suid Afrika.

Waar is ons land dan? Waar gaan 
ons le vanaand? 

Ek sien weer die voortreker wa. Ek 
sien weer my oupa se oupa waar hy 
jonk en vrolik die osse inspan, want 
net oor die volgende bult le ons rus, 
net oor die volgende bult le toekoms 
rus oor daai bult le Louis Trichardt 
en oor daai bult le buffels fontein. 

Ja ons Afrikaner bloed le diep. Ver 
loop ons bloed in bloedrivier in. In 
die grond le ons swoeg en sweet. Is 
daar dan nou nie n plek vir ons 
afrikaner hart nie. Word ons nie ook 
n plek gegun in die aarde waar ons 
voorvaders baklei het vir ons 
bestaan nie?

Hoe lank moet ons baklei om ons 
plek te kry in die afrika se son en 
sand? Hoe ver moet ons dan trek om 
weer eens die land te maak waar ons 
kan opbou soner om te dink water 
plaas word weer geplunder water 
een van ons Afrikaner boere se vrou 
en kiners kry seer. 

STAAN OP MY BOERE VOLK STAAN 
OP UIT DIE AS EN KOM STAAN 
SAAM TEEN DIE WAT SEER MAAK 
WAT AFBRAND 

Want ons hart le in ons kiners se 
toekoms en soner ons aksie is hul 
verlore. Sal hul omdraai en vra waar 
is ons trots afrikaner waar was ons 

Want in die land van moord rape en 
barbare kan ons ook weer n land vir 
ons as afrikaner skep. Kan ons die 
Afrikaner weer veilig slaap vir ons 
kiners n toekoms gee as daar aksie 
is as ons ook weier om op getrap te 
word

Die Lewens Gang

Die Lewens gang 

So dwaal ek rond in die lewens gang 
vol van verlange en oral teen di mure 
hang potrete van herineringe. 

Die tyd het geloop sy eie loop 
geloop. Hy het ons mee gesleep en 
wys gemaak. Tyd het geleer ons 
geleer dat ale wonde genees, maar 
tyd was ook te kort om vergaane 
geliefdes weer te groet.

Soms is  ons spyt gewees, soms het 
ons net n sug van verligting, tyd sal 
ons weer verder vat, Die onbekende 
in die lewens lange gang af en oral 
sal daar weer nog potrete by kom 
van vriende en geliefdes wat in die 
niet verdwyn. Maar die herinepringe 
sal weer trug kom waneer ons stil 
raak en trug blik na tye wat verby is.

Daar loop weer 2rye spore deur my 
lewe, soos in die lewens gang van 
ons lewe, verskyn daar ook n potrret 
van jou op my muur, en ek weet uit 
eindelik is jy ook op geteken in my 
lewe. My gemoed raak stil want soos 
van soveel kere van tevore moet ek 
woner sal die potret bly hang, want 
hier in die gang van di lewe is daar 
onbekende dinge, dinge wat kan 
uitwis dit wat eens mooi was. Dinge 
wat gedagtes kan sper en gevoelens 
kan koud laat, en ek skuif die prent 
weer reg want met vetroue en geloof 
sal die potret ook bly hang en die 
kloue van liefde sal hou en nie laat 
gaan.

Want die gang van die lewe is nooit 
reguit nie.  

Nuwe uit dagings wag. Om elke 
draai, maar as ons om ons heen kyk 
is ons geliefde daar, om te help te 
hou op dit wat reg en eg is. 

Want die mense rondom ons sien n 
masker n masker wat niemand 
behalwe ons geliefdes weet wat 
agter aan gaan nie


My Liefde

My Liefde
Vandag staan ek hier voor n 
wonderlike vrou en al my woorde 
raak weg. Jy is my inspirasie jy is die 
een waar om my woorde draai jy is 
my liefling
Sonder jou is my bestaan leeg. 
Sonder jou is my lewe leeg. Jy is die 
een wat my weer op help. Jy is die 
een wat my weer leer van die liefde 
en dat als n doel het.
So vandag se ek dankie My hartskelk 
waar in my liefde le
Love you more than one life time

Die Wereld Draai

As jy jou pyn buite wys 
sal vriendelike,
Irreterende vreemdeling 
jou inlig dat die wêreld 
aanhou draai.
En hulle is reg.
Dit doen.
Maak nie saak hoe hard jy 
dit smeek om te stop.
Dit hou aan draai.

Ek word wakker en is 
gelukkig vir drie 
sekondes.
Dan onthou ek,
Dit draai en kantel mense 
uit 
hul beddens
In hul karre, hul kantore.
'n Stortvloed van klein 
mans en vrouens
Wat deur die lewe tuimel.
Probeer om nie te dink 
wat daar onder wag.

Soms draai dit en stuur 
ons
Wankelrig in mekaar se 
arms.
Ons kleef styf,
Opgewonde en laggend,
Vreemdelinge saam 
gegooi op 'n bewegende 
prethuis vloer.
En dan draai die wêreld 
weer.

En iemand val af...
Dis so 'n lang pad af
Koud van skok,
Kan ons net staan en kyk 
hoe hulle val
En geleidelik kleiner word.
Onttrek stadig uit ons 
geheue
Tot hulle nie meer 
sigbaar is.

Ons versamel in 
begraafplase,
Stil en gespanne,
Asof ons die impak gaan 
hoor;
Die plons van 'n rivier klip 
in 'n donker put,
Probeer om die diepte te 
meet.
Probeer om te meet hoe 
ver ons val.

Geen impak kom;
Geen plons.
Die oomblik gaan verby.
Die wêreld draai
En ons draai weg,
Gaan aan met ons 
lewens...

Ons vou ons self toe
In gerieflike 
voorspelbaarhede
Om ons warm te hou 
teen die koue.
"Tyd is 'n goeie 
geneesheer"
"Ten minste was dit 
vinnig"
"Die wêreld hou aan 
draai"

Moeg

Moeg

Die vaak oorval my moeë liggaam
Ook maar dan figuurlik net
Kom ons paaie ooit weer saam
Sal my brose hart jou oë belet

Moeg vir al die kommer, Ja.
Dit was die oorsaak wat my pla.
Jy met jou ou sirkel-dans
Het misbruik my soetste kans

Gekluister in jou fluisterstem
Soos donderslae my siel weerliknk
My denke was oplaas geklem
Jou woorde weer geblink, gewink,
	….gestink!

Eensaam

Eensaam

Daai eensame man speel weer op sy kitaar
Sy lewe is vuil en skoon deurmekaar
Hy bly by ‘n murasie, maar dalk amper nie
En eensame voëls in die lug wat nog vlie’

Die drankbottels lê om hom, dis net waar jy kyk
Hy lewe, maar lyk soos ‘n lewende lyk
Van daeraad tot skemer – knaag dit aan sy lewer
die vrae van opregtes wat sondes ontwyk

Die wereld vergaan sels al is hy gedaan
Hy’t ook nie erens om eers heen te gaan
Maar sal hy sy droom met die mensdom kan deel?
Sien ons hom werk? Dink jy hy is al heel?

Son

Son

Die son by my het reeds gesak
Die duisternis was dik en koud 
‘n Kaartjie maak my bene swak
Vir daardie nuwe oponthoud

Maar die kaartjie het alreeds verval
Toe het dit effens lig geword
Die nag was eintlik baie kort
Vir my het ek geweet, jy sal.

Nou’t die son weer opgekom
Haar lewe is die lig wat blom
Ja die son, sak nooit nie weer
As ek maar kon, sou ek dit keer

Mag ek lewe met die Son
Ja, daarso wou ek ewig bly
Al het ek reën oppad gekry
Ek het bly hoop vir net die Son

Ja – Son, ja!

Die Marionet

Die Marionet

Daar voor op die verhoog
So ewe droog. 
Die Marionet

Met die Meester se stem
So, asof getem. 
Die Marionet

Geen wil van sy eie
Het hy ‘n getuie? 
Die Marionet?

Hy dans darem en sing
Hy is ‘n snaakse ding.
Jy weet mos

Aan toutjie van gena’
Niks wat hom pla
Moet ek weer?

Met die meester se mag
Het almal gelag
Vir die pop
As die vertoning verby is
Opgesluit in ‘n kis...

DIE MARIONET

Lewe In 'N Spieel

Lewe in ‘n Spieël 

Hoekom kan jy maar nie sien, wat in my kop aangaan?
‘n beeld van jou so duidelik, wat nimmer wil vergaan!
Is dit dan net ek alleen wat hierdie droom wil leef?

Was ek toe nie die afbeelding, die spieëltjie teen die muur?
Is dit wat tussen ons kom staan se losprys net te duur?
Hoekom kan jy nie laat los en weer ‘n slag kom leef?

Jy wil die beelde stukkend slaan met stiltes tussen in
My pogings om jou raak te sien se einde voor begin
Kan ek nie by jou loslaat nie, want jy sou dit uitleef!

Spieëltjie, spiëeltjie aan die wand, is liefde dan verban?
Kan sy nie maar die twyfel vaar? Ek’s seker dat sy kan!
Help my om haar trou te wen, sodat ons saam kan leef!

Want dit wat in my kop aangaan is nagenoeg die wens
van strokiesboek-verhaal sukses – Maar naastenby ‘n mens
Sal jy die spieëlbeeld van my droom… 
in jou verhaal kan leef?

Skiet Mis

Skiet mis

In plaas van woorde uit my pen
Vloei trane uit  my hart se oog
Sodra ek sien ek het gewen
Besef ek hoe haar blom uitdroog
In minder as net sewe dae
verloor haar hart sy steun. En weer
probeer oortuig dat wat ek vra:
“Vergeet eenvoudig van die seer”

Verwagtend na die nuwe droom
Voor tyd sy skade weer oopvlek
Vloei woorde na my put se stroom
Waar trane uit ‘n boog vertrek
Tref mis alweer – onsekerheid.
Jy skild en pantserlaag jou hart!
Met ystepyl gelowigheid,
oortuigend, mik ek sonder smart

Lewe Vir Hom

Met die skare wat skree 
In die hoop van U wederkoms 
vir die lof van U majesteit 
met my hart weer aan U gegee 
wil ek die wereld bewys 
dat U in my verhuis

Aan U behoort lof, eer en soveel meer, 
want deur die Bloed van U Seun, 
het U ons geseen, 
om n nasie te word 
wat op U sal steun

Soos Israel in die woestyn 
is ons geloof soms te klein 
om te begryp wat ons in U kan kry.

Get a Premium Membership
Turn off ads, get more exposure for your poetry, and get more features with a Premium Membership.
Book: Diverse Voices: The Poetry of Human Rights and the Pursuit of Peace