Get Your Premium Membership

Read Weer Poems Online

 

Kom Wind, Kom Weer, Kom Oseaan

Kom wind, kom weer – Kom oseaan
(Geïnspireer deur Laurika Rauch se lied)

Ek droom van my eie huis eendag by die see
Vir Laurika eentyd was dit nag
Myne staan ook op ‘n rots: maar dis dag
Daar in my huisie oordink ek my weë

Geen wind, geen weer, of oseaan maak my bang
Nagwaak nie meer, maar met daglig versier
Al is ons arm, my huisie is duur 
Want daai kant is hartjies aan die muur op gehang

Sonsak, Suidwester se wind laat my bid:
Ek dank U o Heer vir die goed wat ek het
Die oseaan, my maatjie, die stoep en my bed
Hier by my huisie kan ons rustig sit

"Kom wind, kom weer – Kom oseaan"
Die storms en winde kan ek nou verstaan.

Copyright © Herman Dormehl




Book: Radiant Verses: A Journey Through Inspiring Poetry