Lewe In 'N Spieel

Lewe in ‘n Spieël 

Hoekom kan jy maar nie sien, wat in my kop aangaan?
‘n beeld van jou so duidelik, wat nimmer wil vergaan!
Is dit dan net ek alleen wat hierdie droom wil leef?

Was ek toe nie die afbeelding, die spieëltjie teen die muur?
Is dit wat tussen ons kom staan se losprys net te duur?
Hoekom kan jy nie laat los en weer ‘n slag kom leef?

Jy wil die beelde stukkend slaan met stiltes tussen in
My pogings om jou raak te sien se einde voor begin
Kan ek nie by jou loslaat nie, want jy sou dit uitleef!

Spieëltjie, spiëeltjie aan die wand, is liefde dan verban?
Kan sy nie maar die twyfel vaar? Ek’s seker dat sy kan!
Help my om haar trou te wen, sodat ons saam kan leef!

Want dit wat in my kop aangaan is nagenoeg die wens
van strokiesboek-verhaal sukses – Maar naastenby ‘n mens
Sal jy die spieëlbeeld van my droom… 
in jou verhaal kan leef?
Copyright © | Year Posted 2015

Poem

Post Comments

Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem. Negative comments will result your account being banned.

Please Login to post a comment

Be the first to comment on this poem. Encourage this poet.

Get a Premium Membership
Turn off ads, get more exposure for your poetry, and get more features with a Premium Membership.
Book: Diverse Voices: The Poetry of Human Rights and the Pursuit of Peace