'k kyk neer rivier
wat kronk'lend paaie baan
in dalle vloer
afgemat en steeds geboè
poele plas en blitsend 'kaats
drenkend dans palmiete gras
soos manne kras in kroee
dalk net dromend was
my refleksie in jou oè
Iris geruit as wimpers sluit
was binne-in my hart getoor
en bloedriviere in ons are bruis
vuurspuwend ons in lawa doop
die magma braak in kers se was
dog rooiend en bloedend soos ons passie was
eiland swart en eenkant ek
omring atol n trane oseaan
wat reent verkoeld tektonies bars
in woorde was so onbedoeld
was dit gans so ongehoord
Helaas!! KEER DIT VOOR!
..en eggo steeds nog minder so
Categories:
dalk, passion,
Form: Dramatic Verse
Wie waak oor ons gans die wakkernag?
Vind sondes.lank vergete
n aanklag eggo in die gewete
Dalk net stank demone
Wat slaaploos toi-toi in talle drome
Watter wekker skrik sy meester kaal
Wyl hy rondtol.in n lakenhel?
Skape, pennies en sy woorde tel
Of plak gebede saam met drome vas
Teen blank plafonne en die linnekas?
En ook skimme wat eens mense was
n vingerskrif op die klagstaat straf
Ander sluimer niksbeduidend
Wereld werk nog steeds misleidend
Introspeksie hou het geen verband
Onwelkom het net ingekom
Soos infeksie in n agtertand
Prokureur teem onbeholpe
'k kort n advokaat
n leuenverklikker wat moet wèèt waarvan hy praat
Opgetof en opgetoga en n omkoopmagistraat
Sinies en insomnies
naghof ronddool in n doodloopstraat
Wie sake uitgooi maar dan skelm uitstel
Weereens more ons beroof van geld en slaap
Categories:
dalk, introspection, irony,
Form: Free verse
Geskeide Kleuter
Pappa, my pappa – Het jy my mamma lief?
Hoekom bly jy hierso nou?
Vertel my asseblief?
Hoekom het my mamma nou
‘n ander man gekry? Is hy iets van my?
Sal hy haar nou vashou?
Ek wil nie meer by mamma bly –
dis lekker hier by jou
Het jy iemand anders? Dalk ‘n ander vrou?
Watter huis is dan my plek?
Waar pas ek die prentjie in?
Is ek jou kind, is ek? Is ek?
Ek wil jou hê -
Hoe gaan ons mamma sê?
Categories:
dalk, divorce,
Form: Lyric
Wens van die Nagtegaal
Die tering knaag en groei aan my; elke uur en dag
Obsessiewe abses met ‘n kompulsiewe smag.
Grou ‘n gat en maak maar plek; vir doodsangs in die nag
Wie sal huil? Wie sal treur? Wie sal wen? En wie sal lag?
Na-ywer in die klank sal klink, en saggies sal hul sing:
Talmend ritmies, soet sal klink; as hul die loflied bring.
Liedere, sange, stemme klink; hul ereplek is lankal vol –
Dit sal wees die slot van daardie donker dooie kol…
In die geestelik’ vergadering; ‘n liggaamsdeel se doel
Vergroeisel was die pyn en nou; die einste wat ek voel.
Los maar eers die chirurgie; ‘k wil dit liewers hou –
Dalk nie eers kwaadaardig nie; ek wil dit mos onthou
Helfte van my saailinge en dubbeld van my oes
Die kanker wat my lewe eis kan my nie meer verwoes!
Sê nou maar ek kies die pyn; word dit ‘n afskeid-lied?
Hoe sal dit dan ooit kan wees? Die raad sou dit verbied…
Categories:
dalk, cancer, desire, dream,
Form: Lyric
Jou wens
Die vraag is ‘n stuk van my moed.
So asof ons dit albei weet.
‘n Druk van een, gee sonne-gloed
Ag, kon ‘n mens dit maar net meet?
Tog besef, my eensaamheid
die soektog na die wedren-uil
van jaloesie en afgunstigheid
wat binne in jou glimlag skuil.
Jou bede heel nogsteeds die tyd
Verlore paradyse weer gevind.
Koue weer kon dit nie keer
Onthou waar ons, ons toe bevind…
Mag jy die vreugde weer herleef
My broederskap jou hart in weef
Dalk sal jy weer dit verstaan?
Die weg waarlangs ek met jou gaan?
Categories:
dalk, i love you,
Form: I do not know?
Jou boompie groei
‘n Saadjie was geplant voorheen
Ek het dit amper verdrink met my trane
Dit het wel ontkiem, maar
Donderweer, Hael en woeste wind -
Onkruid, Ryp en droogtes
het dit geknou.
Dalk het dit met ‘n goeie doel
als verbrou
Anders as ‘n kind se emosies
het ons, - nee, JOU boompie
gegroei,
g e g r o e i,
G E G R O E I
totdat ek op kon klim en hoog daarin droom
Maar dis asof jou boompie iets meer nodig het
soos ‘n gevraagde snoei
totdat liefde bloei
Dis als deel van groei
Categories:
dalk, growth,
Form: I do not know?
Jy by die see
In my drome sien ek ‘n duidelike beeld
Van jou en hoe jy wandel langs die see
en die aandwind huil alweer verveeld
net voor die eerste ster sy glimlag gee
Donker kaalvoet spore sink diep in
nog dieper in die nat en koue sand
Ek verlang nou, en ek wens, besin
Ag, was jou spore maar in my hand
Die lang spore ry loop kronkelend
Soos wat jy vlug, en soos wat jy jaag
Weg van die bruisende gety
Oomblikke later – Die maanlig skuif verby
Die laaste sonlig weerkaats jou gesig
Al blink dit nogsteeds, steur dit nie jou sig
Jou een oog is oop, en steeds is hy droog
Tog wil daar trane uit alby oë kom.
‘n reguit ry spore vleg deur joune in
Iets jaag jou steeds
Of wie volg jou spore, waar het dit begin?
dalk kan dit ek wees?
Jou spoor is nog nie in myne gevlek
Die strand lê nog ver vorentoe uitgestrek…
Categories:
dalk, desire, dream,
Form: I do not know?
Skeiding
Al meer en nog meer is donkerder mure
‘n verskynsel wat opspring hier reg voor my oë
Tussen die hede en eensame ure
weet ek die skeiding is nog nie genoë
Veg ek en poog ek om daardeur te kom
vind ek is daar nie ‘n deurang rondom.
Verlangend na iets wat met my moet gebeur
tas ek maar steeds leer ek niks nie daardeur
Spring oor, laat ek aan die ander kant val
my hare en tande die stof ingeklem
my lyf oor die muur hang, ek’s seker ek sal
aanhou en nie meer probeer om te rem
Hoor jy my stik!
Of is die muur dalk te dik?
Categories:
dalk, depression, divorce,
Form: I do not know?
Eensaam
Daai eensame man speel weer op sy kitaar
Sy lewe is vuil en skoon deurmekaar
Hy bly by ‘n murasie, maar dalk amper nie
En eensame voëls in die lug wat nog vlie’
Die drankbottels lê om hom, dis net waar jy kyk
Hy lewe, maar lyk soos ‘n lewende lyk
Van daeraad tot skemer – knaag dit aan sy lewer
die vrae van opregtes wat sondes ontwyk
Die wereld vergaan sels al is hy gedaan
Hy’t ook nie erens om eers heen te gaan
Maar sal hy sy droom met die mensdom kan deel?
Sien ons hom werk? Dink jy hy is al heel?
Categories:
dalk, depression, emotions, lonely,
Form: I do not know?
Wen
Deelnemer-wenner van tong en van lip
wys my hoe my kanse my dalk mag ontglip
Gereed en gesond en geoefen - Daar staan
die groot opponente. Elkeen in sy baan
Gespierd opgewarm - hul intimideer
‘n sielkunde oorlog. Hoe kan ek probeer?
‘n Knallende wegspring gee voorsprong aan my
Die ander atlete het agter gebly
Sal ek as ‘n wenner die wenprys behaal?
As ek nog my aandag op reuse bepaal?
Die leidsman word leier selfs as daar nie toon
‘n testosteroon wat sy krag mag beloon
Aanhouer wenner indien ek kan slaag
om steeds in die wenplek my kanse te waag
Vermoë om te ywer, te swoeg en te stry
Ek’s eerste die wenstreep en mylpaal verby!
‘n Lekker gevoel – Waar die res kon verloor
Die groot, regte wedloop
…lê steeds vir my voor
Categories:
dalk, courage,
Form: I do not know?
Verlore tegniek
Waar is die dae, toe ek nog kon soen?
Wie het geweet wat die storie sou kos?
Hoeveelste doelwit het ek weer gemis?
Hoekom het ek dan maar altyd verloor?
Waar is my roem en my rykdom dan heen?
Wie was die dief in die nag wat my roof?
Liefde se ore is nou vir my doof!
Waar is die dae toe ek “Ek kan” kon sê
Nou is dit net “Ek kon” wat ek nog kan sê
Besef hoe my skematiese lewensstyl
‘n stylvolle lewe - maar soekend - verspul
My dae was getel, en vir altyd verkul
Geen iets van niks, het meer waarde as nul
Sal ek van vooraf moet se “Ek kan weer”?
Het al die “Kan nie’s" my dalk iets geleer?
Categories:
dalk, confusion, divorce, sad love,
Form: I do not know?