Wens Van Die Nagtegal

Wens van die Nagtegaal

Die tering knaag en groei aan my; elke uur en dag
Obsessiewe abses met ‘n kompulsiewe smag.
Grou ‘n gat en maak maar plek; vir doodsangs in die nag
Wie sal huil? Wie sal treur? Wie sal wen? En wie sal lag?

Na-ywer in die klank sal klink, en saggies sal hul sing:
Talmend ritmies, soet sal klink; as hul die loflied bring.
Liedere, sange, stemme klink; hul ereplek is lankal vol –
Dit sal wees die slot van daardie donker dooie kol…

In die geestelik’ vergadering; ‘n liggaamsdeel se doel
Vergroeisel was die pyn en nou; die einste wat ek voel.
Los maar eers die chirurgie; ‘k wil dit liewers hou –
Dalk nie eers kwaadaardig nie; ek wil dit mos onthou

Helfte van my saailinge en dubbeld van my oes
Die kanker wat my lewe eis kan my nie meer verwoes!
Sê nou maar ek kies die pyn; word dit ‘n afskeid-lied?
Hoe sal dit dan ooit kan wees? Die raad sou dit verbied…
Copyright © | Year Posted 2015

Poem

Post Comments

Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem. Negative comments will result your account being banned.

Please Login to post a comment

Be the first to comment on this poem. Encourage this poet.

Get a Premium Membership
Turn off ads, get more exposure for your poetry, and get more features with a Premium Membership.
Book: Diverse Voices: The Poetry of Human Rights and the Pursuit of Peace