Wen

Wen

Deelnemer-wenner van tong en van lip
wys my hoe my kanse my dalk mag ontglip
Gereed en gesond en geoefen - Daar staan
die groot opponente.  Elkeen in sy baan
Gespierd opgewarm  - hul intimideer
‘n sielkunde oorlog. Hoe kan ek probeer?

‘n Knallende wegspring gee voorsprong aan my
Die ander atlete het agter gebly
Sal ek as ‘n wenner die wenprys behaal?
As ek  nog my aandag op reuse bepaal?
Die leidsman word leier selfs as daar nie toon
‘n testosteroon wat sy krag mag beloon

Aanhouer wenner indien ek kan slaag
om  steeds in die wenplek my kanse te waag
Vermoë om te ywer, te swoeg en te stry
Ek’s eerste die wenstreep en mylpaal verby!

‘n Lekker gevoel – Waar die res kon verloor
Die groot, regte wedloop 
…lê steeds vir my voor
Copyright © | Year Posted 2015

Poem

Post Comments

Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem. Negative comments will result your account being banned.

Please Login to post a comment

Be the first to comment on this poem. Encourage this poet.

Get a Premium Membership
Turn off ads, get more exposure for your poetry, and get more features with a Premium Membership.
Book: Diverse Voices: The Poetry of Human Rights and the Pursuit of Peace