Die Wereld Draai
As jy jou pyn buite wys
sal vriendelike,
Irreterende vreemdeling
jou inlig dat die wêreld
aanhou draai.
En hulle is reg.
Dit doen.
Maak nie saak hoe hard jy
dit smeek om te stop.
Dit hou aan draai.
Ek word wakker en is
gelukkig vir drie
sekondes.
Dan onthou ek,
Dit draai en kantel mense
uit
hul beddens
In hul karre, hul kantore.
'n Stortvloed van klein
mans en vrouens
Wat deur die lewe tuimel.
Probeer om nie te dink
wat daar onder wag.
Soms draai dit en stuur
ons
Wankelrig in mekaar se
arms.
Ons kleef styf,
Opgewonde en laggend,
Vreemdelinge saam
gegooi op 'n bewegende
prethuis vloer.
En dan draai die wêreld
weer.
En iemand val af...
Dis so 'n lang pad af
Koud van skok,
Kan ons net staan en kyk
hoe hulle val
En geleidelik kleiner word.
Onttrek stadig uit ons
geheue
Tot hulle nie meer
sigbaar is.
Ons versamel in
begraafplase,
Stil en gespanne,
Asof ons die impak gaan
hoor;
Die plons van 'n rivier klip
in 'n donker put,
Probeer om die diepte te
meet.
Probeer om te meet hoe
ver ons val.
Geen impak kom;
Geen plons.
Die oomblik gaan verby.
Die wêreld draai
En ons draai weg,
Gaan aan met ons
lewens...
Ons vou ons self toe
In gerieflike
voorspelbaarhede
Om ons warm te hou
teen die koue.
"Tyd is 'n goeie
geneesheer"
"Ten minste was dit
vinnig"
"Die wêreld hou aan
draai"
Copyright © Johan Geustyn | Year Posted 2012
Post Comments
Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem. Negative comments will result your account being banned.
Please
Login
to post a comment