Best Waar Poems


'n Hart Van Goud

Ek was gevra om ietsie oor Pa te sê
Maar waar begin ek nou
Wanneer daar eintlik net een ding is wat ek nou wil doen
Om steeds my arms om Pa te vou

Maar nou is Pa weg
Na ‘n plek waar Pa tog graag wou wees
Bo by Liewe Jesus
Maar bly steeds hier by ons in gees

‘n Man met ‘n hart van goud
Wie slegs goeie dinge oor mense kon sê
‘n Bonatuurlike liefde vir ons 
En wie slegs die beste vir sy kinders wou hê

Streng het ons grootgeword
Maar dit was oor Pa lief was vir ons
En alles wat ek as Pa se dogter wou hê
Was dat ek Pa se hart van trotsheid laat bons

Nou is ons Pa en Ma se maatjie weg
Ons belowe om mekaar te ondersteun
En aan die herinneringe te hou van ‘n besonderse man
Wat God slegs vir ons kon leen

‘n Man met ‘n Hart van goud 
Dit is hoe ek Pa altyd sal onthou 
En nou is dit tyd om totsiens te sê
Al wens ek, ek kon steeds my arms om Pa vou 

*Dear PoetrySoup Members. I apologise to those of you who does not understand Afrikaans, but this poem is dedicated to a dear friend of mine who is Afrikaans. She told me a little bit about her father who recently passed on and I decided to put it together in a poem for her. I hope you guys do not mind. TS poetry was an absolute gem and translated what I wrote in my poem in his comment below. Thank you TS Poetry*
© BE Bailey  Create an image from this poem.

n Winter Sondag in die Middag : A Winter’s Sunday Afternoon

[Poet’s Note : This is an Afrikaans Poem with its English Translation : Form : I don’t know : It could be classified as Metaphysical since it voices direct communion with Divine & visions. This form is not listed on this Site ]

N.P. van Wyk Louw : foremost Afrikaans Poet, Playwright & Scholar
Sara Baartman : the San woman exhibited as a freak in 19th century Europe, labelled & ridiculed as “Hottentot Venus”. Hottentot is regarded as a highly derogatory term in South Africa, similar to calling someone an Unbeliever. Her body was later returned to her birthplace for burial, with much unholy drama (these two personalities sometimes appear to self in dream or meditation state.)
_____________

Sondag middag en die koue wind
     waai die wasgoed droeg
         Ouma slaap, Oupa kyk sokker 
yogurt en piesang vir poeding 
     N.P. van Wyk Louw en Sara Baartman
         kom kuier nie vandag nie 

Ek haal asem in
      ‘n yskoue see van Italia of Griekeland
          vloei oor my skewe bene 
“Waar drentel jy rond in die winter
     as ek hier van jou laggie dink
        terwyl my arms bewe?”

God se vir my
     “Ek  ALLEEN  is jou Liefde”
        in die stilte veg Hy vir Siel 
die yskoue see draai in ‘n oomblik 
    en weg skuil jy op ‘n klein boot
     Sy Son soen my lippies op ‘n 
     Winter Sondag in die middag 

________________
English Translation 

Sunday afternoon and a cold wind
                    dries washing
         Grandma sleeps, Grandpa watches soccer
yogurt and banana for pudding 
     N.P. van Wyk Louw and Sara Baartman 
         visits not today

I breathe an ice cold sea from Italy or Greece
              it flows over crooked legs
“Where do you wander in winter 
      as I think about your giggle 
        whilst my arms shiver ?”

God utters 
 “I  ALONE  am your Love.”
    in the silence He struggles for Soul
      the ice-cold sea swerves in a moment 
        away you skulk on a small boat
His Sun kisses my lips on a 
Winter’s Sunday afternoon

Biltong and Bread

Konkas draw a blanket over the flats,
but our state live like over fed fat cats
Zuma had another great opinion,
now we must dream of a Rand reunion

People crying, life’s an uncertain fate,
but they are building another toll gate
Nkandla was built for his many wives
"Fire pool" just brings out our angry knives

All the voters wanted; a piece of bread!
Now even the family pet is dead
Zuma laughs and hands his dog some biltong
and sings another ushini kill song

We are done with this sick gravy train gang
The day has come for the biltong to hang


Konka : drum with holes for fire keeping warm makes smoke
flats: slang for cape flats…a area people stay
Rand: South African currency
Nkandla: Zuma’s estate “upgrade” used 270 million rand of taxpayer’s money
fire pool: what he called the swimming pool in upgrade scandal
Ushini: machine gun struggle song used to sweep up support
Biltong: luxury food similar to beef jerky..is hung to dry when made
Zuma : corrupt president of South Africa
#zumamustfall


original I wrote

Biltong en Brood

Konkas trek n kombers oor die vlaktes,
maar die staat luister nie meer na klagtes
Zuma het nou eers weer n opienie,
en nou hou ons vir die Rand ruinie

Ons het geen werk en tot ons honde vrek,
maar die staat beplan net nog n duur toll hek
Nkandla waar hy sy vroue huisves
maar dit bereik net vuur emmers moles

Die kiesers vra net n klien stukkie brood
maar hy se dis n leun die hongersnood!
Zuma lag en gee biltong vir sy hond 
Hy smeer botter om die kiesers se mond

Ons staan op en sal ons nie weer laat vang
Die dag het gekom, dat die biltong sal hang
© Just James  Create an image from this poem.


N Trotse Afrikaner Boer

N TROTSE AFRIKANER BOER

Ek staan vanaand en kyk na my land 
Suid Afrika.

Waar is ons land dan? Waar gaan 
ons le vanaand? 

Ek sien weer die voortreker wa. Ek 
sien weer my oupa se oupa waar hy 
jonk en vrolik die osse inspan, want 
net oor die volgende bult le ons rus, 
net oor die volgende bult le toekoms 
rus oor daai bult le Louis Trichardt 
en oor daai bult le buffels fontein. 

Ja ons Afrikaner bloed le diep. Ver 
loop ons bloed in bloedrivier in. In 
die grond le ons swoeg en sweet. Is 
daar dan nou nie n plek vir ons 
afrikaner hart nie. Word ons nie ook 
n plek gegun in die aarde waar ons 
voorvaders baklei het vir ons 
bestaan nie?

Hoe lank moet ons baklei om ons 
plek te kry in die afrika se son en 
sand? Hoe ver moet ons dan trek om 
weer eens die land te maak waar ons 
kan opbou soner om te dink water 
plaas word weer geplunder water 
een van ons Afrikaner boere se vrou 
en kiners kry seer. 

STAAN OP MY BOERE VOLK STAAN 
OP UIT DIE AS EN KOM STAAN 
SAAM TEEN DIE WAT SEER MAAK 
WAT AFBRAND 

Want ons hart le in ons kiners se 
toekoms en soner ons aksie is hul 
verlore. Sal hul omdraai en vra waar 
is ons trots afrikaner waar was ons 

Want in die land van moord rape en 
barbare kan ons ook weer n land vir 
ons as afrikaner skep. Kan ons die 
Afrikaner weer veilig slaap vir ons 
kiners n toekoms gee as daar aksie 
is as ons ook weier om op getrap te 
word

My Liefde

My Liefde
Vandag staan ek hier voor n 
wonderlike vrou en al my woorde 
raak weg. Jy is my inspirasie jy is die 
een waar om my woorde draai jy is 
my liefling
Sonder jou is my bestaan leeg. 
Sonder jou is my lewe leeg. Jy is die 
een wat my weer op help. Jy is die 
een wat my weer leer van die liefde 
en dat als n doel het.
So vandag se ek dankie My hartskelk 
waar in my liefde le
Love you more than one life time

Verdwyn

Verdwyn 

Gespruit en toe vergete met gewete van papier
Besluit te neem om als te los wat hierso agter bly
Eers drie; toe een; toe twee; toe vier
Die som van toekomsblik vir jou - maar eerder meer vir my 

Die aand was koud en hunkring sterk sou waardes my verpas
Uitnodigend - en kort voor lank was jy my warm jas
Maar soos ‘n fondament bly ek die een wat agterbly
Ek doen en werk verwagtend want die vrug het my verly

As steunpilaar vir jare nog, sou ek die las moes dra
Vergete hoe die woeker-nag my meer as dit sou vra
Ons oes is nou die vrugte van die saad van liefdesdaad
Jou jas in my kas wil nie meer pas – ‘n las bly inderdaad 

Eers twee, toe vier; toe drie dan een 
Jou beurt die anker rol te speel, wyl ek die winter nag alleen
tot in die lente steeds sal wees – al is die kinders ook by my
Groei my enigheid tot bo, waar die Wysheid met sy hulp my lei.


Let Me Hint the Worlds Around Thy Name

Ha! Ha! The first letter’s the last,
 Like the zinnia, the zho, the zufolo, the zoo of animals, the zebra of Sahara, or the zeal of youth.
The second letter’s the first,
Like the Kashmiri apple, the Turkish apricot or the almond of Badam-waar 
The third letter’s the second, 
Like the beasts in the Lidder-forests, beer of Afghani grapes, beads of rosary, bed of dreams or bell of South-Indian temple.
The fourth letter’s the fifth,
 Like the eyeball of eagle, ear of rabbit, emerald grasses of Gulmarg, evening of mid-summer or in autumns’ nights—enlightened streets of Srinagar.
The fifth letter’s the fourth, 
 Like the duck in Dal-lake, dog of my street, den of Himalayan lion, deer of Danchigam, the drama of life, the drink of heavens, dying of a saint, the door of heavens or the desire of my heart.
The sixth letter’s the first, and not nothing like the second!
Oh! As plain as this art in my verse or as obscure as that art in thy beau.
© Fayaz Bhat  Create an image from this poem.

Wen

Wen

Deelnemer-wenner van tong en van lip
wys my hoe my kanse my dalk mag ontglip
Gereed en gesond en geoefen - Daar staan
die groot opponente.  Elkeen in sy baan
Gespierd opgewarm  - hul intimideer
‘n sielkunde oorlog. Hoe kan ek probeer?

‘n Knallende wegspring gee voorsprong aan my
Die ander atlete het agter gebly
Sal ek as ‘n wenner die wenprys behaal?
As ek  nog my aandag op reuse bepaal?
Die leidsman word leier selfs as daar nie toon
‘n testosteroon wat sy krag mag beloon

Aanhouer wenner indien ek kan slaag
om  steeds in die wenplek my kanse te waag
Vermoë om te ywer, te swoeg en te stry
Ek’s eerste die wenstreep en mylpaal verby!

‘n Lekker gevoel – Waar die res kon verloor
Die groot, regte wedloop 
…lê steeds vir my voor

Eensaam

Eensaam

Daai eensame man speel weer op sy kitaar
Sy lewe is vuil en skoon deurmekaar
Hy bly by ‘n murasie, maar dalk amper nie
En eensame voëls in die lug wat nog vlie’

Die drankbottels lê om hom, dis net waar jy kyk
Hy lewe, maar lyk soos ‘n lewende lyk
Van daeraad tot skemer – knaag dit aan sy lewer
die vrae van opregtes wat sondes ontwyk

Die wereld vergaan sels al is hy gedaan
Hy’t ook nie erens om eers heen te gaan
Maar sal hy sy droom met die mensdom kan deel?
Sien ons hom werk? Dink jy hy is al heel?

Geskeide Kleuter

Geskeide Kleuter  

Pappa, my pappa – Het jy my mamma lief?
Hoekom bly jy hierso nou?
Vertel my asseblief?

Hoekom het my mamma nou 
‘n ander man gekry? Is hy iets van my?
Sal hy haar nou vashou?

Ek wil nie meer by mamma bly – 
dis lekker hier by jou
Het jy iemand anders? Dalk ‘n ander vrou?

Watter huis is dan my plek?
Waar pas ek die prentjie in?
Is ek jou kind, is ek? Is ek?

Ek wil jou hê -
	Hoe gaan ons mamma sê?

Jy By Die See

Jy by die see 

In my drome sien ek ‘n duidelike beeld
Van jou en hoe jy wandel langs die see
en die aandwind huil alweer verveeld
net voor die eerste ster sy glimlag gee

Donker kaalvoet spore sink diep in  
nog dieper in die nat en koue sand
Ek verlang nou, en ek wens, besin
Ag, was jou spore maar in my hand
Die lang spore ry loop kronkelend
Soos wat jy vlug, en soos wat jy jaag
Weg van die bruisende gety

Oomblikke later – Die maanlig skuif verby

Die laaste sonlig weerkaats jou gesig
Al blink dit nogsteeds, steur dit nie jou sig
Jou een oog is oop, en steeds is hy droog
Tog wil daar trane uit alby oë kom.

‘n reguit ry spore vleg deur joune in
Iets jaag jou steeds
Of wie volg jou spore, waar het dit begin?
dalk kan dit ek wees?

Jou spoor is nog nie in myne gevlek
Die strand lê nog ver vorentoe uitgestrek…

Skiet Mis

Skiet mis

In plaas van woorde uit my pen
Vloei trane uit  my hart se oog
Sodra ek sien ek het gewen
Besef ek hoe haar blom uitdroog
In minder as net sewe dae
verloor haar hart sy steun. En weer
probeer oortuig dat wat ek vra:
“Vergeet eenvoudig van die seer”

Verwagtend na die nuwe droom
Voor tyd sy skade weer oopvlek
Vloei woorde na my put se stroom
Waar trane uit ‘n boog vertrek
Tref mis alweer – onsekerheid.
Jy skild en pantserlaag jou hart!
Met ystepyl gelowigheid,
oortuigend, mik ek sonder smart

Sprake Vs Skrywe

Sprake vs Skrywe

‘n Geskrewe woord kan nie vergaan, sal altyd sigbaar bly.
Maar hy wat nou die woord kan hoor, kan waarneem wat jy voel.
Die letter deur die oog gesien kry later eers sy doel.
Waar mondelings gesprekke vloei - sal die siel sy pasmaat kry

Want onpersoonlik koud en kul is woorde op papier:
Geen oogkontak, geen liggaamstaal, slegs twee-dimensioneel
Te maklik om dit uit te laat en te vinnig om te deel
word srywe, e-pos, SMS gesels se nuutste gier

Waar ons verbale wisselwerk die wonder laat gebeur
Groei siel-tot-siel uit mond-tot-mond; ‘n Liefde kan nou bot…
Want in die begin was daar die Woord, en Hy was self ook God
Teenwordig in ons kuiertjie kan Hy ons woord verwerp of  keur

Slegs dan is dit wat binne in die siel en hart aangaan
Gelyk in tempo, en in pas, met die woorde van jou maat.
Want dialoog is almal s’n, en almal kan dit praat
Maar ‘n warm woord van jou na my – Maak dat ek jou verstaan

Dig Aan Hom

Dig aan Hom

Bevaar van gevaar
O, Een van die Vader
Lei my in U wee
En dank vir wat U gee
Lof aan Hom wat 
een op my pad
plaas my te wys
dat dit was nie al
maar in elk geval
goedheid en wel
op sy tyd getel.
Vergeeft mij dan waar
ich twijfelend gefalen
Dis mijn gebeden
Amen!

Verlore Tegniek

Verlore tegniek

Waar is die dae, toe ek nog kon soen?
Wie het geweet  wat die storie sou kos?
Hoeveelste doelwit het ek weer gemis?
Hoekom het ek dan maar altyd verloor?

Waar is my roem en my rykdom dan heen?
Wie was die dief in die nag wat  my roof?
Liefde se ore is nou vir my doof!

Waar is die dae toe ek “Ek kan” kon sê
Nou is dit net “Ek kon” wat ek nog kan sê

Besef hoe my skematiese lewensstyl
‘n stylvolle lewe - maar soekend - verspul
My dae was getel, en vir altyd verkul
Geen iets van niks, het meer waarde as nul

Sal ek van vooraf moet se “Ek kan weer”?
Het al die “Kan nie’s" my dalk iets geleer?

Get a Premium Membership
Turn off ads, get more exposure for your poetry, and get more features with a Premium Membership.
Book: Diverse Voices: The Poetry of Human Rights and the Pursuit of Peace