Liefdes wandel
Dalene Deale
As jou wangetjies so mooi rooi is
En jou glimlag verby jou ore gaan
Van die ‘n bewonderde liefde
Of so bietjie te veel gesellige wyn
Wat alle inhibisie laat staan
Dan lyk jy so gelukkig
En of geen aardse gebeurtenis
jou om sal krap
Maar in stede jou laat uitsien
Na hand aan hand
In die maanlig stap
Ag hoe wonderlik is die bottervliegies
Wat in jou maag rond vladder
Wat die huidige oomblik net meer uitlig
En jou gevoelens
Meer as enige vlag laat wapper
Geniet elke oomblik liefling
Laat die liefde jou al hoër dra
Want sulke volvullende oomblikke
Is meer as wat enige menslike hart kan vra.
Categories:
verby, joy, love,
Form: Free verse
Swart trane
Donker gees
Gebroke hart
Eensaam siel
My lewe het tot stilstand gekom toe ek jou ontmoet
My lewe het bedoeling gekry toe ek jou ontmoet
My lewe is nou verby as gevolg van jou
My lewe is nou niks as gevolg van jou
Eks ingedoen
Eks gebreek
Eks teleurgestel
Eks moeg en uitgeput
Eks nie meer lus om aan te gaan nie
Eks nie meer lus om te hoop nie
Eks nie meer lus vir wat kom nie
Want wat kom is donker en leeg
Categories:
verby, africa, beautiful, cry, culture,
Form: Alliteration
GEWETE.
Hoe jy nie in die lug bly hang nie
jou koue greep , harde hale
en tussen die droe takke le jy vir my en glimlag
en daar skiet die hemel oop
oplaas `n warm wind
wat streel streel jou koue asem weg blaas
en hoor nou net die kore van `n oggend lied
bring die lente stuk stuk terug
met eens die verlede lank klaar verby
en sit ek weer in die oggend strale
ek hou jou briesie op `n afstand weg
lag lag fluit die lente blare
skoon is die lug met aand sterre skitter
diep asems en tande kners
stok styf span die rug want
skielik hoor ek jou nog sag sag vir my vluister.
Categories:
verby, meaningful, mystery,
Form: ABC
Jy by die see
In my drome sien ek ‘n duidelike beeld
Van jou en hoe jy wandel langs die see
en die aandwind huil alweer verveeld
net voor die eerste ster sy glimlag gee
Donker kaalvoet spore sink diep in
nog dieper in die nat en koue sand
Ek verlang nou, en ek wens, besin
Ag, was jou spore maar in my hand
Die lang spore ry loop kronkelend
Soos wat jy vlug, en soos wat jy jaag
Weg van die bruisende gety
Oomblikke later – Die maanlig skuif verby
Die laaste sonlig weerkaats jou gesig
Al blink dit nogsteeds, steur dit nie jou sig
Jou een oog is oop, en steeds is hy droog
Tog wil daar trane uit alby oë kom.
‘n reguit ry spore vleg deur joune in
Iets jaag jou steeds
Of wie volg jou spore, waar het dit begin?
dalk kan dit ek wees?
Jou spoor is nog nie in myne gevlek
Die strand lê nog ver vorentoe uitgestrek…
Categories:
verby, desire, dream,
Form: I do not know?
Wen
Deelnemer-wenner van tong en van lip
wys my hoe my kanse my dalk mag ontglip
Gereed en gesond en geoefen - Daar staan
die groot opponente. Elkeen in sy baan
Gespierd opgewarm - hul intimideer
‘n sielkunde oorlog. Hoe kan ek probeer?
‘n Knallende wegspring gee voorsprong aan my
Die ander atlete het agter gebly
Sal ek as ‘n wenner die wenprys behaal?
As ek nog my aandag op reuse bepaal?
Die leidsman word leier selfs as daar nie toon
‘n testosteroon wat sy krag mag beloon
Aanhouer wenner indien ek kan slaag
om steeds in die wenplek my kanse te waag
Vermoë om te ywer, te swoeg en te stry
Ek’s eerste die wenstreep en mylpaal verby!
‘n Lekker gevoel – Waar die res kon verloor
Die groot, regte wedloop
…lê steeds vir my voor
Categories:
verby, courage,
Form: I do not know?
Die Marionet
Daar voor op die verhoog
So ewe droog.
Die Marionet
Met die Meester se stem
So, asof getem.
Die Marionet
Geen wil van sy eie
Het hy ‘n getuie?
Die Marionet?
Hy dans darem en sing
Hy is ‘n snaakse ding.
Jy weet mos
Aan toutjie van gena’
Niks wat hom pla
Moet ek weer?
Met die meester se mag
Het almal gelag
Vir die pop
As die vertoning verby is
Opgesluit in ‘n kis...
DIE MARIONET
Categories:
verby, emotions,
Form: I do not know?
Ek is 'n gevangene van lewe, die
vrees
Betekenisvol in asem en slaap,
Nagmerries en drome. Ek waak
Sonder die wete of daar nog is
En ek soek nog. Die jare
Wag voor en verby.
Ek is 'n vergiftiger van lewe, die
krete
Ingekalwe in my psige en my
gees,
Nutteloos om aan te pas of
probeer, ek wend
Geen meer pogings om te
raadpleeg
En meer te soek, ek kyk
Weg en droom van 'n ander lewe.
Categories:
verby, angst
Form: Free verse