Liefdes Wandel

Liefdes wandel
Dalene Deale

As jou wangetjies so mooi rooi is 
En jou glimlag verby jou ore gaan
Van die ‘n bewonderde liefde 
Of so bietjie te veel gesellige wyn
Wat alle inhibisie laat staan
Dan lyk jy so gelukkig 
En of geen aardse gebeurtenis 
jou om sal krap
Maar in stede jou laat uitsien
Na hand aan hand 
In die maanlig stap
Ag hoe wonderlik is die bottervliegies
Wat in jou maag rond vladder
Wat die huidige oomblik net meer uitlig
En jou gevoelens 
Meer as enige vlag laat wapper
Geniet elke oomblik liefling 
Laat die liefde jou al hoër dra
Want sulke volvullende oomblikke 
Is meer as wat enige menslike hart kan vra.
Copyright © | Year Posted 2021

Poem

Post Comments

Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem. Negative comments will result your account being banned.

Please Login to post a comment

Be the first to comment on this poem. Encourage this poet.

Get a Premium Membership
Turn off ads, get more exposure for your poetry, and get more features with a Premium Membership.
Book: Diverse Voices: The Poetry of Human Rights and the Pursuit of Peace