breek n brare
along a carpeted hall
bax n goolin oft is a ghoul
betrackeding down a creakeding stair
trumble n frumble n deatheding fall
Net soos Noag, David & Abraham
word dissiepels van die ware lam.
Net soos Johannes, Lukas of Filamon
leer die word en vertrou net op Hom.
Leef soos Titus, Markus & Daniël
wys vir almal dat God maak ‘n verskil,
of
wees dan net soos getroue Job,
die beste dienaar van onse God.
As jy is soos die kind van God,
dan hoop ek jy besef –
jy’t ‘n baie groot job
Vertel die mense van onse
PA.
Wees ‘n voorbeeld en hou op
om te kla.
Sing ‘n lied van Salemo
en help die volk om dan te glo.
Vertel hulle almal van Matteus
En openbaar aan hulle God se heilige gees.
Jy weet Paulus het vir God om die aarde geloop, sonder ‘n staf of selfs ‘n stukkie brood.
Só moenie nou word soos die Romeine,
want jy berhoort aan God – Ja jy is syne.
Kry die doop & breek die brood,
bly in Hom & vrees nooit die dood.
Die koningkryk van die Hemel het gekom,
so maak seker dat als wat jy doen is net vir Hom.
Wees opreg soos ‘n duif,
Dan sal jy vir ewig bly in ons Vader se huis.
Kronkelpaaie van gister
Ons almal is gesnoer op die paaie van gister
Sommiges probeer nog ontsnap: Net meer bewuster
Nog kronkelpaaie lê voor: Oor die maanskyn-flou
Gevangenis steeds in die skadu. Wilde winde rou
Spons-gewete sus en treur
Voel ek die donker deur en deur
Tasse vol van geluk en nog bagasie van haat
Als kom in opstand hier binne in my gewaad
My voete raak bedek met stof van optraendepad
Hongerpyne skree agterna: Oor ‘n bietjie verraad
Klipgedagtes kraak en breek
Gister se pyn is more se wreek
Die kou sweetdrupppels op my kop tart dan maar
Die blote onooglik’ gevaar van wie-weet-waar
Modder begin vorm in die doodwoeste pad
Soos wat ek spoeg en huil-ween in die kronkelpad
Waar sal ek loop vir more se hoop
Op ‘n kronkel stowwerige optraendpad van gister?
MENSEKIND
UNSUPPORTED CODE Ek is n mensekind
Nie net sommer van die wind
Ek het gevoelens
en baie goeie bedoelings.
Ek voel dikwels nie in beheer
en mense maak my kort – kort seer
Ek is soos ‘n teater:
Mense kom net vir vertonings
en dan sien jy hulle heelwat later
My hart is ‘n uitgedroogde sandkorrel
wat enige tyd kan breek en verkrummel
Ek is soms baie lui
Want ek vra net en kry
My woede is soos die Victoria watervalle
Dit bedaar amper nooit en tref
my naaste soos geweerknalle
Dag tot dag lewe ek
soms voel ek soos ‘n kraan wat lek en lek
My hart en siel behoort aan God
Somtyds wonder ek of God my en ander raaksien?
Ek is net nog ‘n mensekind
wat wonder of ek partykeer rus sal kan vind UNSUPPORTED CODE
Looking for the formal definition, structure, and history of this poetry form? Visit the Poetry Dictionary entry below. Then return to explore how PoetrySoup members bring the form to life through their own poems.