Get Your Premium Membership

Dissiepels

Net soos Noag, David & Abraham
word dissiepels van die ware lam.
Net soos Johannes, Lukas of Filamon
leer die word en vertrou net op Hom.
Leef soos Titus, Markus & Daniël
wys vir almal dat God maak ‘n verskil,
of
wees dan net soos getroue Job,
die beste dienaar van onse God.

As jy is soos die kind van God,
dan hoop ek jy besef –
 jy’t ‘n baie groot job
Vertel die mense van onse
 PA.
Wees ‘n voorbeeld en hou op 
om te kla.

Sing ‘n lied van Salemo
en help die volk om dan te glo.
Vertel hulle almal van Matteus
En openbaar aan hulle God se heilige gees.

Jy weet Paulus het vir God om die aarde geloop, sonder ‘n staf of selfs ‘n stukkie brood.
Só moenie nou word soos die Romeine,
want jy berhoort aan God – Ja jy is syne.

Kry die doop & breek die brood,
bly in Hom & vrees nooit die dood.
Die koningkryk van die Hemel het gekom,
so maak seker dat als wat jy doen is net vir Hom.

Wees opreg soos ‘n duif,
Dan sal jy vir ewig bly in ons Vader se huis.

Copyright © | Year Posted 2018




Post Comments

Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem. Negative comments will result your account being banned.

Please Login to post a comment

Date: 2/22/2018 4:54:00 AM
Mooiste mooi <3 mal daaroor! Welkom by poetry soup skoonsus! Mag jy vreugde vind en inspire word deur al die ander digters ook op hierdie blad! Kan nie wag vir al die ander wat nog geplaas moet word nie!
Login to Reply

Book: Reflection on the Important Things