Kronkelpaaie Van Gister

Kronkelpaaie van gister
Ons almal is gesnoer op die paaie van gister
Sommiges probeer nog ontsnap: Net meer bewuster
Nog kronkelpaaie lê voor: Oor die maanskyn-flou
Gevangenis steeds in die skadu. Wilde winde rou

Spons-gewete sus en treur
Voel ek die donker deur en deur

Tasse vol van geluk en nog bagasie van haat
Als kom in opstand hier binne in my gewaad
My voete raak bedek met stof van optraendepad
Hongerpyne skree agterna: Oor ‘n bietjie verraad

Klipgedagtes kraak en breek
Gister se pyn is more se wreek

Die kou sweetdrupppels op my kop tart dan maar 
Die blote onooglik’ gevaar van wie-weet-waar
Modder begin vorm in die doodwoeste pad
Soos wat ek spoeg en huil-ween in die kronkelpad 

Waar sal ek loop vir more se hoop
Op ‘n kronkel stowwerige optraendpad  van gister?
Copyright © | Year Posted 2015

Poem

Post Comments

Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem. Negative comments will result your account being banned.

Please Login to post a comment

Be the first to comment on this poem. Encourage this poet.

Get a Premium Membership
Turn off ads, get more exposure for your poetry, and get more features with a Premium Membership.
Book: Diverse Voices: The Poetry of Human Rights and the Pursuit of Peace