Kronkelpaaie Van Gister
Kronkelpaaie van gister
Ons almal is gesnoer op die paaie van gister
Sommiges probeer nog ontsnap: Net meer bewuster
Nog kronkelpaaie lê voor: Oor die maanskyn-flou
Gevangenis steeds in die skadu. Wilde winde rou
Spons-gewete sus en treur
Voel ek die donker deur en deur
Tasse vol van geluk en nog bagasie van haat
Als kom in opstand hier binne in my gewaad
My voete raak bedek met stof van optraendepad
Hongerpyne skree agterna: Oor ‘n bietjie verraad
Klipgedagtes kraak en breek
Gister se pyn is more se wreek
Die kou sweetdrupppels op my kop tart dan maar
Die blote onooglik’ gevaar van wie-weet-waar
Modder begin vorm in die doodwoeste pad
Soos wat ek spoeg en huil-ween in die kronkelpad
Waar sal ek loop vir more se hoop
Op ‘n kronkel stowwerige optraendpad van gister?
Copyright © Herman Dormehl | Year Posted 2015
Post Comments
Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem.
Please
Login
to post a comment