Probeer Poems | Examples


Vetroosting In My Glas

In die dieptes van duisternis vind ek my pad,
Met 'n seer hart probeer ek die pyn weghou,
Deur die prisma van bottels probeer ek ontsnap,
In die arms van alkohol kry my hartseer vorm. 

Met elke sluk verdrink ek my stille krete,
Maar die gevoelloosheid wat dit meebring, is 'n wrede vermomming,
In die amber gif soek ek skuiling en verligting,
Tog bind dit my stywer vas, wat net hartseer veroorsaak. 

Die bottel word my troosmiddel, my vriend,
'n Bittersoet toevlug waar my probleme saamsmelt,
Maar die oggendlig openbaar die koste,
Terwyl ek worstel met die gevegte wat ek verloor het.
Categories: probeer, depression,
Form: Free verse

Twintig Tien Tot Nou

Twintig tien tot nou

So vinnig soos jy inwurm… in troosprys vlees-genot
..en dink dat dit so lank sal hou; Pasop vir toekoms lot!
En as ek dan verkeerd mag wees – bewys dit dat jy het 
presies gedoen wat ek kon sien; Die fout was niè ons bed!

As ek die feite reg verstaan; en my gedagtes dwaal
na daardie tyd toe hy besluit; my by my werk kom haal – 
en  saam met ons… aan tafel sit – selfs oorslaap vir die nag…
Die legkaartstuk ontbloot aan my…: dat jy hom toè al smag!

En effens met die tyd verloop; steeds in ons ou verhaal.
(Dit was daai aand wat èk weg was) jou skandes jou inhaal.
Gesê dat dit ‘n hoorsê was…; jy hom nie aan wou raak…
Twee jaar later, facebook wys…, jul foto amper naak!

Nou sê jy my dat ek verbrou en jou wou agterlaat?
Terwyl die laaste legkaartstuk jou sondes teen my haat
wil ek probeer om aan te gaan…; my lewe op te bou
in plaas daarvan om blindelings my drang te onderhou.

Ek draai my rug finaal op jou, maak jy maar soos jy moet.
Mag hy jou gelukkig maak. Mag jy hom alles gee.
Ek was my hand onskuldig met -  my vredevol’ gemoed
terwyl ek dan die laaste traan…; hier van my wang af vee.
Categories: probeer, divorce,
Form: Rhyme


Skeiding

Skeiding 

Al meer en nog meer is donkerder mure
‘n verskynsel wat opspring hier reg voor my oë
Tussen die hede en eensame ure
weet ek die skeiding is nog nie genoë

Veg  ek en poog ek om daardeur te kom
vind ek is daar nie ‘n deurang rondom.
Verlangend na iets wat met my moet gebeur
tas ek maar steeds leer ek niks nie daardeur

Spring oor,  laat ek aan die ander kant val
my hare en tande die stof ingeklem
my lyf oor die muur hang, ek’s seker ek sal
aanhou en nie meer probeer om te rem

Hoor jy my stik!
Of  is die muur dalk te dik?
Categories: probeer, depression, divorce,
Form: I do not know?

Skiet Mis

Skiet mis

In plaas van woorde uit my pen
Vloei trane uit  my hart se oog
Sodra ek sien ek het gewen
Besef ek hoe haar blom uitdroog
In minder as net sewe dae
verloor haar hart sy steun. En weer
probeer oortuig dat wat ek vra:
“Vergeet eenvoudig van die seer”

Verwagtend na die nuwe droom
Voor tyd sy skade weer oopvlek
Vloei woorde na my put se stroom
Waar trane uit ‘n boog vertrek
Tref mis alweer – onsekerheid.
Jy skild en pantserlaag jou hart!
Met ystepyl gelowigheid,
oortuigend, mik ek sonder smart
Categories: probeer, hope, recovery from,
Form: I do not know?

Kronkelpaaie Van Gister

Kronkelpaaie van gister
Ons almal is gesnoer op die paaie van gister
Sommiges probeer nog ontsnap: Net meer bewuster
Nog kronkelpaaie lê voor: Oor die maanskyn-flou
Gevangenis steeds in die skadu. Wilde winde rou

Spons-gewete sus en treur
Voel ek die donker deur en deur

Tasse vol van geluk en nog bagasie van haat
Als kom in opstand hier binne in my gewaad
My voete raak bedek met stof van optraendepad
Hongerpyne skree agterna: Oor ‘n bietjie verraad

Klipgedagtes kraak en breek
Gister se pyn is more se wreek

Die kou sweetdrupppels op my kop tart dan maar 
Die blote onooglik’ gevaar van wie-weet-waar
Modder begin vorm in die doodwoeste pad
Soos wat ek spoeg en huil-ween in die kronkelpad 

Waar sal ek loop vir more se hoop
Op ‘n kronkel stowwerige optraendpad  van gister?
Categories: probeer, hurt, memory,
Form: Ballade


Wen

Wen

Deelnemer-wenner van tong en van lip
wys my hoe my kanse my dalk mag ontglip
Gereed en gesond en geoefen - Daar staan
die groot opponente.  Elkeen in sy baan
Gespierd opgewarm  - hul intimideer
‘n sielkunde oorlog. Hoe kan ek probeer?

‘n Knallende wegspring gee voorsprong aan my
Die ander atlete het agter gebly
Sal ek as ‘n wenner die wenprys behaal?
As ek  nog my aandag op reuse bepaal?
Die leidsman word leier selfs as daar nie toon
‘n testosteroon wat sy krag mag beloon

Aanhouer wenner indien ek kan slaag
om  steeds in die wenplek my kanse te waag
Vermoë om te ywer, te swoeg en te stry
Ek’s eerste die wenstreep en mylpaal verby!

‘n Lekker gevoel – Waar die res kon verloor
Die groot, regte wedloop 
…lê steeds vir my voor
Categories: probeer, courage,
Form: I do not know?

Droom

Ek is 'n gevangene van lewe, die 
vrees
Betekenisvol in asem en slaap,
Nagmerries en drome. Ek waak
Sonder die wete of daar nog is
En ek soek nog. Die jare
Wag voor en verby.
Ek is 'n vergiftiger van lewe, die 
krete
Ingekalwe in my psige en my 
gees,
Nutteloos om aan te pas of 
probeer, ek wend
Geen meer pogings om te 
raadpleeg
En meer te soek, ek kyk
Weg en droom van 'n ander lewe.
Categories: probeer, angst
Form: Free verse
Get a Premium Membership
Get more exposure for your poetry and more features with a Premium Membership.
Book: Reflection on the Important Things

Member Area

My Admin
Profile and Settings
Edit My Poems
Edit My Quotes
Edit My Short Stories
Edit My Articles
My Comments Inboxes
My Comments Outboxes
Soup Mail
Poetry Contests
Contest Results/Status
Followers
Poems of Poets I Follow
Friend Builder

Soup Social

Poetry Forum
New/Upcoming Features
The Wall
Soup Facebook Page
Who is Online
Link to Us

Member Poems

Poems - Top 100 New
Poems - Top 100 All-Time
Poems - Best
Poems - by Topic
Poems - New (All)
Poems - New (PM)
Poems - New by Poet
Poems - Read
Poems - Unread

Member Poets

Poets - Best New
Poets - New
Poets - Top 100 Most Poems
Poets - Top 100 Most Poems Recent
Poets - Top 100 Community
Poets - Top 100 Contest

Famous Poems

Famous Poems - African American
Famous Poems - Best
Famous Poems - Classical
Famous Poems - English
Famous Poems - Haiku
Famous Poems - Love
Famous Poems - Short
Famous Poems - Top 100

Famous Poets

Famous Poets - Living
Famous Poets - Most Popular
Famous Poets - Top 100
Famous Poets - Best
Famous Poets - Women
Famous Poets - African American
Famous Poets - Beat
Famous Poets - Cinquain
Famous Poets - Classical
Famous Poets - English
Famous Poets - Haiku
Famous Poets - Hindi
Famous Poets - Jewish
Famous Poets - Love
Famous Poets - Metaphysical
Famous Poets - Modern
Famous Poets - Punjabi
Famous Poets - Romantic
Famous Poets - Spanish
Famous Poets - Suicidal
Famous Poets - Urdu
Famous Poets - War

Poetry Resources

Anagrams
Bible
Book Store
Character Counter
Cliché Finder
Poetry Clichés
Common Words
Copyright Information
Grammar
Grammar Checker
Homonym
Homophones
How to Write a Poem
Lyrics
Love Poem Generator
New Poetic Forms
Plagiarism Checker
Poetics
Poetry Art
Publishing
Random Word Generator
Spell Checker
Store
What is Good Poetry?
Word Counter