Hul Poems


Wens Van Die Nagtegal

Wens van die Nagtegaal

Die tering knaag en groei aan my; elke uur en dag
Obsessiewe abses met ‘n kompulsiewe smag.
Grou ‘n gat en maak maar plek; vir doodsangs in die nag
Wie sal huil? Wie sal treur? Wie sal wen? En wie sal lag?

Na-ywer in die klank sal klink, en saggies sal hul sing:
Talmend ritmies, soet sal klink; as hul die loflied bring.
Liedere, sange, stemme klink; hul ereplek is lankal vol –
Dit sal wees die slot van daardie donker dooie kol…

In die geestelik’ vergadering; ‘n liggaamsdeel se doel
Vergroeisel was die pyn en nou; die einste wat ek voel.
Los maar eers die chirurgie; ‘k wil dit liewers hou –
Dalk nie eers kwaadaardig nie; ek wil dit mos onthou

Helfte van my saailinge en dubbeld van my oes
Die kanker wat my lewe eis kan my nie meer verwoes!
Sê nou maar ek kies die pyn; word dit ‘n afskeid-lied?
Hoe sal dit dan ooit kan wees? Die raad sou dit verbied…
Categories: hul, cancer, desire, dream,
Form: Lyric

Jagmusiek

Jag musiek 

Verworpe noot van harts-musiek
Het jy by my in die kerk versoek
Ek het gesing die Eng’le-lied
Vir daardie Engel in die Boek

Verlore is my sang-talent
My toekoms wonder ideal.
Maar die blomme het hul saad gegooi
Vir jou is daar weer ietsie mooi

My toekoms bly steeds oop, maar toe
Oopte vir veranderings, en toe om net te proe
Tot dan ten minste, so sê ek
Die nag sal kom wat ek vertrek…
Categories: hul, christian, for her, imagination,
Form: I do not know?


Wen

Wen

Deelnemer-wenner van tong en van lip
wys my hoe my kanse my dalk mag ontglip
Gereed en gesond en geoefen - Daar staan
die groot opponente.  Elkeen in sy baan
Gespierd opgewarm  - hul intimideer
‘n sielkunde oorlog. Hoe kan ek probeer?

‘n Knallende wegspring gee voorsprong aan my
Die ander atlete het agter gebly
Sal ek as ‘n wenner die wenprys behaal?
As ek  nog my aandag op reuse bepaal?
Die leidsman word leier selfs as daar nie toon
‘n testosteroon wat sy krag mag beloon

Aanhouer wenner indien ek kan slaag
om  steeds in die wenplek my kanse te waag
Vermoë om te ywer, te swoeg en te stry
Ek’s eerste die wenstreep en mylpaal verby!

‘n Lekker gevoel – Waar die res kon verloor
Die groot, regte wedloop 
…lê steeds vir my voor
Categories: hul, courage,
Form: I do not know?

Ons Almal Sterf Alleen

'n Oomblik waardig van afsondering
'n Vreemdeling nie deur ander gesien
Is ons die verlate?
Is ons die verlater?
Lewe in die nag om sy wreedheid te skuil
Hul gesigte belig die skerms
Die rykes maak geld uit dié oorlog
Die sterftesyfer styg
Nog 'n verraaier
Die leuenaar, die patriot
Hoeveel leuens, hoeveel sterftes
Afgemaai soos 'n lam wat geslag word
Nog 'n spook vir jou verlede
Nog 'n gelowige, nog 'n slagoffer
Ken nie die pad van die tou na die vloer
Kyk in die gesig van die wat jou verraai
Jy is die gejagte, die slagoffer, die prooi en die vervalle
Ons sterf almal alleen.
Categories: hul, anniversary, brother, death, depression,
Form: Free verse
Get a Premium Membership
Get more exposure for your poetry and more features with a Premium Membership.
Book: Reflection on the Important Things

Member Area

My Admin
Profile and Settings
Edit My Poems
Edit My Quotes
Edit My Short Stories
Edit My Articles
My Comments Inboxes
My Comments Outboxes
Soup Mail
Poetry Contests
Contest Results/Status
Followers
Poems of Poets I Follow
Friend Builder

Soup Social

Poetry Forum
New/Upcoming Features
The Wall
Soup Facebook Page
Who is Online
Link to Us

Member Poems

Poems - Top 100 New
Poems - Top 100 All-Time
Poems - Best
Poems - by Topic
Poems - New (All)
Poems - New (PM)
Poems - New by Poet
Poems - Read
Poems - Unread

Member Poets

Poets - Best New
Poets - New
Poets - Top 100 Most Poems
Poets - Top 100 Most Poems Recent
Poets - Top 100 Community
Poets - Top 100 Contest

Famous Poems

Famous Poems - African American
Famous Poems - Best
Famous Poems - Classical
Famous Poems - English
Famous Poems - Haiku
Famous Poems - Love
Famous Poems - Short
Famous Poems - Top 100

Famous Poets

Famous Poets - Living
Famous Poets - Most Popular
Famous Poets - Top 100
Famous Poets - Best
Famous Poets - Women
Famous Poets - African American
Famous Poets - Beat
Famous Poets - Cinquain
Famous Poets - Classical
Famous Poets - English
Famous Poets - Haiku
Famous Poets - Hindi
Famous Poets - Jewish
Famous Poets - Love
Famous Poets - Metaphysical
Famous Poets - Modern
Famous Poets - Punjabi
Famous Poets - Romantic
Famous Poets - Spanish
Famous Poets - Suicidal
Famous Poets - Urdu
Famous Poets - War

Poetry Resources

Anagrams
Bible
Book Store
Character Counter
Cliché Finder
Poetry Clichés
Common Words
Copyright Information
Grammar
Grammar Checker
Homonym
Homophones
How to Write a Poem
Lyrics
Love Poem Generator
New Poetic Forms
Plagiarism Checker
Poetics
Poetry Art
Publishing
Random Word Generator
Spell Checker
Store
What is Good Poetry?
Word Counter