Twintig tien tot nou
So vinnig soos jy inwurm… in troosprys vlees-genot
..en dink dat dit so lank sal hou; Pasop vir toekoms lot!
En as ek dan verkeerd mag wees – bewys dit dat jy het
presies gedoen wat ek kon sien; Die fout was niè ons bed!
As ek die feite reg verstaan; en my gedagtes dwaal
na daardie tyd toe hy besluit; my by my werk kom haal –
en saam met ons… aan tafel sit – selfs oorslaap vir die nag…
Die legkaartstuk ontbloot aan my…: dat jy hom toè al smag!
En effens met die tyd verloop; steeds in ons ou verhaal.
(Dit was daai aand wat èk weg was) jou skandes jou inhaal.
Gesê dat dit ‘n hoorsê was…; jy hom nie aan wou raak…
Twee jaar later, facebook wys…, jul foto amper naak!
Nou sê jy my dat ek verbrou en jou wou agterlaat?
Terwyl die laaste legkaartstuk jou sondes teen my haat
wil ek probeer om aan te gaan…; my lewe op te bou
in plaas daarvan om blindelings my drang te onderhou.
Ek draai my rug finaal op jou, maak jy maar soos jy moet.
Mag hy jou gelukkig maak. Mag jy hom alles gee.
Ek was my hand onskuldig met - my vredevol’ gemoed
terwyl ek dan die laaste traan…; hier van my wang af vee.
Lieg
Herhaaldelik en gereeld soos net in 7de laan
Was geheimnisse en liegstories die haat wat uit jou gaan.
Ek natuurlik, onderskei, kon binne in my voel
Oortuigend jou nie glo nie, soos water van my rug afspoel.
Vermydelik soos ‘n kindjie wat die rusies net wou keer
Het ek my hart se oe gesluit vir dit wat sou gebeur.
Indien die leun ontbloot sou word – ek jou sou konfronteer
Beskerm jy jou weergawe, al maak dit ander seer.
Die grootste waarheid was dat jy nie meer kon lieg.
Wat ek in jou belê het, het jy vertrap, bespuug!
Toe ek besluit ek kon nie meer, en ek myself onttrek
Ontmasker jy jou broeisel - tesame met jou gek!
In minder as ‘n week of twee het jy my plek gevul
Met meer as een of twee, dis duidelik jy’t gekul.
As jy so vinnig aanbeweeg en my nie eers wou sê;
Wil ek net een ding van jou weet: - Het jy my ooit al lief gehê?
Verdwyn
Gespruit en toe vergete met gewete van papier
Besluit te neem om als te los wat hierso agter bly
Eers drie; toe een; toe twee; toe vier
Die som van toekomsblik vir jou - maar eerder meer vir my
Die aand was koud en hunkring sterk sou waardes my verpas
Uitnodigend - en kort voor lank was jy my warm jas
Maar soos ‘n fondament bly ek die een wat agterbly
Ek doen en werk verwagtend want die vrug het my verly
As steunpilaar vir jare nog, sou ek die las moes dra
Vergete hoe die woeker-nag my meer as dit sou vra
Ons oes is nou die vrugte van die saad van liefdesdaad
Jou jas in my kas wil nie meer pas – ‘n las bly inderdaad
Eers twee, toe vier; toe drie dan een
Jou beurt die anker rol te speel, wyl ek die winter nag alleen
tot in die lente steeds sal wees – al is die kinders ook by my
Groei my enigheid tot bo, waar die Wysheid met sy hulp my lei.