Get Your Premium Membership

Lieg

Lieg Herhaaldelik en gereeld soos net in 7de laan Was geheimnisse en liegstories die haat wat uit jou gaan. Ek natuurlik, onderskei, kon binne in my voel Oortuigend jou nie glo nie, soos water van my rug afspoel. Vermydelik soos ‘n kindjie wat die rusies net wou keer Het ek my hart se oe gesluit vir dit wat sou gebeur. Indien die leun ontbloot sou word – ek jou sou konfronteer Beskerm jy jou weergawe, al maak dit ander seer. Die grootste waarheid was dat jy nie meer kon lieg. Wat ek in jou belê het, het jy vertrap, bespuug! Toe ek besluit ek kon nie meer, en ek myself onttrek Ontmasker jy jou broeisel - tesame met jou gek! In minder as ‘n week of twee het jy my plek gevul Met meer as een of twee, dis duidelik jy’t gekul. As jy so vinnig aanbeweeg en my nie eers wou sê; Wil ek net een ding van jou weet: - Het jy my ooit al lief gehê?

Copyright © | Year Posted 2015




Post Comments

Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem.

Please Login to post a comment

A comment has not been posted for this poem. Encourage a poet by being the first to comment.


Book: Shattered Sighs