Get Your Premium Membership

Read Poems by Johan Geustyn

Johan Geustyn Avatar  Send Soup Mail  Block poet from commenting on your poetry

Below are poems written by poet Johan Geustyn. Click the Next or Previous links below the poem to navigate between poems. Remember, Poetrysoup is an environment of encouragement and growth. Thank you.

List of ALL Johan Geustyn poems

Best Johan Geustyn Poems

+ Follow Poet

The poem(s) are below...



NextLast

Troep

Ek wou nie wees als wat ek kon 
wees,
Ek wou nie meer 0800 gedoen het 
as ander,
Maar ek moes, om 'n beter 
toekoms te he.

Troep maak seker die 
vlag op jou linker skouer waai 
altyd vorentoe,
Trope grawe daai gat,
Troep skeer jou hare,
Troep, is jy lief vir jou land.

Dit is maklik om n mens te laat 
doen wat onmenslik is
As jy hom eers laat vergeet dat hy 
mens is.
Afgryse is minder afgryslik
As dit deel is van jou werk 
beskrywing.

Toe ek my eerste dooie kind 
gesien het,
Het ek my self oorreed dat dit is 
waarvoor ek opgelei was.
Toe ek my tiende dooie kind 
gesien het,
Het my brein hulle in 'n 
kompartement begin stoor.
Toe ek my eerste dooie soldaat 
gesien het,
Het ek myself gesê dit sal nooit 
ek 
wees.

'n Familie man lyk net soos 'n 
terroris.
Jihad beteken heilige oorlog,
Maar ek het die verkeerde god 
aanbid in daai land.
Hulle oorlog was 'n oorlog teen 
my.
Ek het geantwoord met my 
geweer,
Nooit vrae gevra nie.

Ek het huis toe gekom met al my 
vingers en tone,
Maar 'n gedeelte van my het 
agter 
gebly.
In die aand maak my brein daai 
doods kompartement oop.
Ek was 'n soldaat,
Maar verkoolde lyke maak vir 'n 
kak alarm in die oggend,
Lucifer se braai het 'n neiging om 
aan jou neus te kleef,
Insomnia doen min om my 
senuwees te kalmeer.

Meeste mense droom hul lewe 
lank om 'n held te wees,
Ek herleef dit elke nag in my 
nagmerries.

Copyright © Johan Geustyn | Year Posted 2014

NextLast

Post Comments

Please Login to post a comment

 
Date: 1/20/2016 8:32:00 PM

JOHAN, I really enjoyed this poem thanks for sharing **SKAT**

Back


Book: Reflection on the Important Things