Details |
Johan Geustyn Poem
As jy jou pyn buite wys
sal vriendelike,
Irreterende vreemdeling
jou inlig dat die wêreld
aanhou draai.
En hulle is reg.
Dit doen.
Maak nie saak hoe hard jy
dit smeek om te stop.
Dit hou aan draai.
Ek word wakker en is
gelukkig vir drie
sekondes.
Dan onthou ek,
Dit draai en kantel mense
uit
hul beddens
In hul karre, hul kantore.
'n Stortvloed van klein
mans en vrouens
Wat deur die lewe tuimel.
Probeer om nie te dink
wat daar onder wag.
Soms draai dit en stuur
ons
Wankelrig in mekaar se
arms.
Ons kleef styf,
Opgewonde en laggend,
Vreemdelinge saam
gegooi op 'n bewegende
prethuis vloer.
En dan draai die wêreld
weer.
En iemand val af...
Dis so 'n lang pad af
Koud van skok,
Kan ons net staan en kyk
hoe hulle val
En geleidelik kleiner word.
Onttrek stadig uit ons
geheue
Tot hulle nie meer
sigbaar is.
Ons versamel in
begraafplase,
Stil en gespanne,
Asof ons die impak gaan
hoor;
Die plons van 'n rivier klip
in 'n donker put,
Probeer om die diepte te
meet.
Probeer om te meet hoe
ver ons val.
Geen impak kom;
Geen plons.
Die oomblik gaan verby.
Die wêreld draai
En ons draai weg,
Gaan aan met ons
lewens...
Ons vou ons self toe
In gerieflike
voorspelbaarhede
Om ons warm te hou
teen die koue.
"Tyd is 'n goeie
geneesheer"
"Ten minste was dit
vinnig"
"Die wêreld hou aan
draai"
Copyright © Johan Geustyn | Year Posted 2012
|
Details |
Johan Geustyn Poem
'n Oomblik waardig van afsondering
'n Vreemdeling nie deur ander gesien
Is ons die verlate?
Is ons die verlater?
Lewe in die nag om sy wreedheid te skuil
Hul gesigte belig die skerms
Die rykes maak geld uit dié oorlog
Die sterftesyfer styg
Nog 'n verraaier
Die leuenaar, die patriot
Hoeveel leuens, hoeveel sterftes
Afgemaai soos 'n lam wat geslag word
Nog 'n spook vir jou verlede
Nog 'n gelowige, nog 'n slagoffer
Ken nie die pad van die tou na die vloer
Kyk in die gesig van die wat jou verraai
Jy is die gejagte, die slagoffer, die prooi en die vervalle
Ons sterf almal alleen.
Copyright © Johan Geustyn | Year Posted 2011
|
Details |
Johan Geustyn Poem
Ek wou nie wees als wat ek kon
wees,
Ek wou nie meer 0800 gedoen het
as ander,
Maar ek moes, om 'n beter
toekoms te he.
Troep maak seker die
vlag op jou linker skouer waai
altyd vorentoe,
Trope grawe daai gat,
Troep skeer jou hare,
Troep, is jy lief vir jou land.
Dit is maklik om n mens te laat
doen wat onmenslik is
As jy hom eers laat vergeet dat hy
mens is.
Afgryse is minder afgryslik
As dit deel is van jou werk
beskrywing.
Toe ek my eerste dooie kind
gesien het,
Het ek my self oorreed dat dit is
waarvoor ek opgelei was.
Toe ek my tiende dooie kind
gesien het,
Het my brein hulle in 'n
kompartement begin stoor.
Toe ek my eerste dooie soldaat
gesien het,
Het ek myself gesê dit sal nooit
ek
wees.
'n Familie man lyk net soos 'n
terroris.
Jihad beteken heilige oorlog,
Maar ek het die verkeerde god
aanbid in daai land.
Hulle oorlog was 'n oorlog teen
my.
Ek het geantwoord met my
geweer,
Nooit vrae gevra nie.
Ek het huis toe gekom met al my
vingers en tone,
Maar 'n gedeelte van my het
agter
gebly.
In die aand maak my brein daai
doods kompartement oop.
Ek was 'n soldaat,
Maar verkoolde lyke maak vir 'n
kak alarm in die oggend,
Lucifer se braai het 'n neiging om
aan jou neus te kleef,
Insomnia doen min om my
senuwees te kalmeer.
Meeste mense droom hul lewe
lank om 'n held te wees,
Ek herleef dit elke nag in my
nagmerries.
Copyright © Johan Geustyn | Year Posted 2014
|
Details |
Johan Geustyn Poem
Ek is 'n gevangene van lewe, die
vrees
Betekenisvol in asem en slaap,
Nagmerries en drome. Ek waak
Sonder die wete of daar nog is
En ek soek nog. Die jare
Wag voor en verby.
Ek is 'n vergiftiger van lewe, die
krete
Ingekalwe in my psige en my
gees,
Nutteloos om aan te pas of
probeer, ek wend
Geen meer pogings om te
raadpleeg
En meer te soek, ek kyk
Weg en droom van 'n ander lewe.
Copyright © Johan Geustyn | Year Posted 2012
|
Details |
Johan Geustyn Poem
Die menslike toestand is
inherente kloustrofobia
Saampersing van my eie
ruimte maak my heel
Ek sal my ingewande met
die hand uit ruk om
alleen te wees
Kranksinnigheid rol deur
die sfeer
Verwerp omdat ek die
toue sien
'n Droom ongedaan
gemaak deur my stilte
Dat ek die outonome
moet insak en nie meer
jou aanraking moet ken
nie
Ek voel niks behalwe 'n
tekort aan ruimte
Die paradox van
sosialisering veroorsaak
my gyseling
Ryp met vyandelikheid
Wat veroorsaak al die
haat binne my
Copyright © Johan Geustyn | Year Posted 2012
|
Details |
Johan Geustyn Poem
A river you're bound to be
found in
The rope you're bound to be
hanged in
The noose beckons you swinging
A blabe of malice slits your
throat.
Store-bought attitude and spit
You're a just sugar-coated piece
of sh.it
You're so unreal it's evident
A goddamn insult to the rest of
us.
You seek to be a rebel
But you just have greed
The pit of your being
Long lost and forgotten
You can tell the same lie a
thousand more times
But it won't get anymore true
So close your eyes once more
and once believe
That they all still believe in you
Copyright © Johan Geustyn | Year Posted 2009
|
Details |
Johan Geustyn Poem
Toe dit als eindig
Daar was nêrens om te
gaan
Ek het myself versteek
Gehoop iemand sal my
kry
Die dag het nooit gekom
Soos tyd verloop het die
pyn verdwyn
Ek dog die herinneringe
was finaal weg
Ek was verkeerd
Die keer is daar nie uit
kom kans
Uit die deur aan die einde
van die oorlog binne my
gees
Daar is geen aan beweeg
van waar ons op gehou
het
Daar is geen toekoms vir
ons
Ek het so baie van binne
gesterf
Ek het die pyn anvaar
Ek sal nie terug kyk nie
Ek sal nooit
Jy weet nie
Jy gee nie om nie
Jy sal nooit besef
Al wat ek weet van liefde
is pyn
Die persoon wat jy eens
was
Is dood en verot
Ek lewe met 'n mes in my
hart
'n Herinnering van wat ek
nie kan wees
Daar is niks wat jy kan
doen
Jy besef nie
Jy ag nie
Jy was nooit deel van my
lewe
Jy sal nooit wees nie
Ek was gebore sonder
liefde
Onbemind
Copyright © Johan Geustyn | Year Posted 2012
|