Wen
Deelnemer-wenner van tong en van lip
wys my hoe my kanse my dalk mag ontglip
Gereed en gesond en geoefen - Daar staan
die groot opponente. Elkeen in sy baan
Gespierd opgewarm - hul intimideer
‘n sielkunde oorlog. Hoe kan ek probeer?
‘n Knallende wegspring gee voorsprong aan my
Die ander atlete het agter gebly
Sal ek as ‘n wenner die wenprys behaal?
As ek nog my aandag op reuse bepaal?
Die leidsman word leier selfs as daar nie toon
‘n testosteroon wat sy krag mag beloon
Aanhouer wenner indien ek kan slaag
om steeds in die wenplek my kanse te waag
Vermoë om te ywer, te swoeg en te stry
Ek’s eerste die wenstreep en mylpaal verby!
‘n Lekker gevoel – Waar die res kon verloor
Die groot, regte wedloop
…lê steeds vir my voor
Categories:
wenner, courage,
Form: I do not know?
Rooskleurige prinses van die velde
Wingerde gedroom al en deur gestap
’n Hart wat so hunker na wandelinge hand aan hand
Smagtend na dit wat voor lê
Soetsappige vreugde deur dring tot diep siele genot
Muse sou haar as opvolger beskik
Dag na dag wandelend in dit wat die lewens rivier genoem word
Sou sy beslis Eva se spieëlbeeld wees
Die Romeinse godin van skoonheid se kind in werklikheid
Geluk sou werklik die wenner van haar hart sin wees
Haar wese te verwoord ’n kuns op sy eie
Sy sou ritme verwese
’n bloeisel verwerklik tot blom
Sterrekind sal sy ewig wees
Categories:
wenner, africa, beauty, best friend,
Form: Chant Royal