GEWETE.
Hoe jy nie in die lug bly hang nie
jou koue greep , harde hale
en tussen die droe takke le jy vir my en glimlag
en daar skiet die hemel oop
oplaas `n warm wind
wat streel streel jou koue asem weg blaas
en hoor nou net die kore van `n oggend lied
bring die lente stuk stuk terug
met eens die verlede lank klaar verby
en sit ek weer in die oggend strale
ek hou jou briesie op `n afstand weg
lag lag fluit die lente blare
skoon is die lug met aand sterre skitter
diep asems en tande kners
stok styf span die rug want
skielik hoor ek jou nog sag sag vir my vluister.
Ek is 'n gevangene van lewe, die
vrees
Betekenisvol in asem en slaap,
Nagmerries en drome. Ek waak
Sonder die wete of daar nog is
En ek soek nog. Die jare
Wag voor en verby.
Ek is 'n vergiftiger van lewe, die
krete
Ingekalwe in my psige en my
gees,
Nutteloos om aan te pas of
probeer, ek wend
Geen meer pogings om te
raadpleeg
En meer te soek, ek kyk
Weg en droom van 'n ander lewe.
Looking for the formal definition, structure, and history of this poetry form? Visit the Poetry Dictionary entry below. Then return to explore how PoetrySoup members bring the form to life through their own poems.