Jou boompie groei
‘n Saadjie was geplant voorheen
Ek het dit amper verdrink met my trane
Dit het wel ontkiem, maar
Donderweer, Hael en woeste wind -
Onkruid, Ryp en droogtes
het dit geknou.
Dalk het dit met ‘n goeie doel
als verbrou
Anders as ‘n kind se emosies
het ons, - nee, JOU boompie
gegroei,
g e g r o e i,
G E G R O E I
totdat ek op kon klim en hoog daarin droom
Maar dis asof jou boompie iets meer nodig het
soos ‘n gevraagde snoei
totdat liefde bloei
Dis als deel van groei
Looking for the formal definition, structure, and history of this poetry form? Visit the Poetry Dictionary entry below. Then return to explore how PoetrySoup members bring the form to life through their own poems.