Liefde

deur Theresa Rossouw
 
Liefde is n roos wat bloedrooi blom, bloos. N wolk vol water dig wat groei, en blink. 'n Reënboog,vol kleur wat alle bande van negatief en donker skeur. 

Liefde, n rivier vol en wyd, buig dit die onbuigbare, laat die mooi ontpop uit die vuil en die gekraak, gebreek, en wys die prag diep in n hart verstéek. 

'n Ligkrans omvou dit die pyn en laat die seer verdwyn. Die kwaad vergeet, bedek. Dit is hoe wyd en diep die Vader liefde strek. 

'n Vrug van die beste gehalte, uit die tuin van die Allerhoogste. Vars en puik,die liefde wat ons elke dag uitbasuin!
Copyright © | Year Posted 2012

Poem

Post Comments

Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem. Negative comments will result your account being banned.

Please Login to post a comment

Be the first to comment on this poem. Encourage this poet.

Get a Premium Membership
Turn off ads, get more exposure for your poetry, and get more features with a Premium Membership.
Book: Diverse Voices: The Poetry of Human Rights and the Pursuit of Peace