Mensekind

Written by: Cornelius Strydom

MENSEKIND UNSUPPORTED CODE Ek is n mensekind Nie net sommer van die wind Ek het gevoelens en baie goeie bedoelings. Ek voel dikwels nie in beheer en mense maak my kort – kort seer Ek is soos ‘n teater: Mense kom net vir vertonings en dan sien jy hulle heelwat later My hart is ‘n uitgedroogde sandkorrel wat enige tyd kan breek en verkrummel Ek is soms baie lui Want ek vra net en kry My woede is soos die Victoria watervalle Dit bedaar amper nooit en tref my naaste soos geweerknalle Dag tot dag lewe ek soms voel ek soos ‘n kraan wat lek en lek My hart en siel behoort aan God Somtyds wonder ek of God my en ander raaksien? Ek is net nog ‘n mensekind wat wonder of ek partykeer rus sal kan vind
UNSUPPORTED CODE