Get Your Premium Membership

Wen

Wen Deelnemer-wenner van tong en van lip wys my hoe my kanse my dalk mag ontglip Gereed en gesond en geoefen - Daar staan die groot opponente. Elkeen in sy baan Gespierd opgewarm - hul intimideer ‘n sielkunde oorlog. Hoe kan ek probeer? ‘n Knallende wegspring gee voorsprong aan my Die ander atlete het agter gebly Sal ek as ‘n wenner die wenprys behaal? As ek nog my aandag op reuse bepaal? Die leidsman word leier selfs as daar nie toon ‘n testosteroon wat sy krag mag beloon Aanhouer wenner indien ek kan slaag om steeds in die wenplek my kanse te waag Vermoë om te ywer, te swoeg en te stry Ek’s eerste die wenstreep en mylpaal verby! ‘n Lekker gevoel – Waar die res kon verloor Die groot, regte wedloop …lê steeds vir my voor

Copyright © | Year Posted 2015




Post Comments

Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem.

Please Login to post a comment

A comment has not been posted for this poem. Encourage a poet by being the first to comment.


Book: Shattered Sighs