Get Your Premium Membership

Verlore Tegniek

Verlore tegniek Waar is die dae, toe ek nog kon soen? Wie het geweet wat die storie sou kos? Hoeveelste doelwit het ek weer gemis? Hoekom het ek dan maar altyd verloor? Waar is my roem en my rykdom dan heen? Wie was die dief in die nag wat my roof? Liefde se ore is nou vir my doof! Waar is die dae toe ek “Ek kan” kon sê Nou is dit net “Ek kon” wat ek nog kan sê Besef hoe my skematiese lewensstyl ‘n stylvolle lewe - maar soekend - verspul My dae was getel, en vir altyd verkul Geen iets van niks, het meer waarde as nul Sal ek van vooraf moet se “Ek kan weer”? Het al die “Kan nie’s" my dalk iets geleer?

Copyright © | Year Posted 2015




Post Comments

Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem.

Please Login to post a comment

A comment has not been posted for this poem. Encourage a poet by being the first to comment.


Book: Reflection on the Important Things