Son
Son
Die son by my het reeds gesak
Die duisternis was dik en koud
‘n Kaartjie maak my bene swak
Vir daardie nuwe oponthoud
Maar die kaartjie het alreeds verval
Toe het dit effens lig geword
Die nag was eintlik baie kort
Vir my het ek geweet, jy sal.
Nou’t die son weer opgekom
Haar lewe is die lig wat blom
Ja die son, sak nooit nie weer
As ek maar kon, sou ek dit keer
Mag ek lewe met die Son
Ja, daarso wou ek ewig bly
Al het ek reën oppad gekry
Ek het bly hoop vir net die Son
Ja – Son, ja!
Copyright © Herman Dormehl | Year Posted 2015
Post Comments
Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem.
Please
Login
to post a comment