Get Your Premium Membership

Lewe In 'N Spieel

Lewe in ‘n Spieël Hoekom kan jy maar nie sien, wat in my kop aangaan? ‘n beeld van jou so duidelik, wat nimmer wil vergaan! Is dit dan net ek alleen wat hierdie droom wil leef? Was ek toe nie die afbeelding, die spieëltjie teen die muur? Is dit wat tussen ons kom staan se losprys net te duur? Hoekom kan jy nie laat los en weer ‘n slag kom leef? Jy wil die beelde stukkend slaan met stiltes tussen in My pogings om jou raak te sien se einde voor begin Kan ek nie by jou loslaat nie, want jy sou dit uitleef! Spieëltjie, spiëeltjie aan die wand, is liefde dan verban? Kan sy nie maar die twyfel vaar? Ek’s seker dat sy kan! Help my om haar trou te wen, sodat ons saam kan leef! Want dit wat in my kop aangaan is nagenoeg die wens van strokiesboek-verhaal sukses – Maar naastenby ‘n mens Sal jy die spieëlbeeld van my droom… in jou verhaal kan leef?

Copyright © | Year Posted 2015




Post Comments

Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem.

Please Login to post a comment

A comment has not been posted for this poem. Encourage a poet by being the first to comment.


Book: Reflection on the Important Things