Get Your Premium Membership

Kom Wind, Kom Weer, Kom Oseaan

Kom wind, kom weer – Kom oseaan (Geïnspireer deur Laurika Rauch se lied) Ek droom van my eie huis eendag by die see Vir Laurika eentyd was dit nag Myne staan ook op ‘n rots: maar dis dag Daar in my huisie oordink ek my weë Geen wind, geen weer, of oseaan maak my bang Nagwaak nie meer, maar met daglig versier Al is ons arm, my huisie is duur Want daai kant is hartjies aan die muur op gehang Sonsak, Suidwester se wind laat my bid: Ek dank U o Heer vir die goed wat ek het Die oseaan, my maatjie, die stoep en my bed Hier by my huisie kan ons rustig sit "Kom wind, kom weer – Kom oseaan" Die storms en winde kan ek nou verstaan.

Copyright © | Year Posted 2015




Post Comments

Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem.

Please Login to post a comment

A comment has not been posted for this poem. Encourage a poet by being the first to comment.


Book: Reflection on the Important Things