Die Marionet
Die Marionet
Daar voor op die verhoog
So ewe droog.
Die Marionet
Met die Meester se stem
So, asof getem.
Die Marionet
Geen wil van sy eie
Het hy ‘n getuie?
Die Marionet?
Hy dans darem en sing
Hy is ‘n snaakse ding.
Jy weet mos
Aan toutjie van gena’
Niks wat hom pla
Moet ek weer?
Met die meester se mag
Het almal gelag
Vir die pop
As die vertoning verby is
Opgesluit in ‘n kis...
DIE MARIONET
Copyright © Herman Dormehl | Year Posted 2015
Post Comments
Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem.
Please
Login
to post a comment