Get Your Premium Membership

Troep

Ek wou nie wees als wat ek kon wees, Ek wou nie meer 0800 gedoen het as ander, Maar ek moes, om 'n beter toekoms te he. Troep maak seker die vlag op jou linker skouer waai altyd vorentoe, Trope grawe daai gat, Troep skeer jou hare, Troep, is jy lief vir jou land. Dit is maklik om n mens te laat doen wat onmenslik is As jy hom eers laat vergeet dat hy mens is. Afgryse is minder afgryslik As dit deel is van jou werk beskrywing. Toe ek my eerste dooie kind gesien het, Het ek my self oorreed dat dit is waarvoor ek opgelei was. Toe ek my tiende dooie kind gesien het, Het my brein hulle in 'n kompartement begin stoor. Toe ek my eerste dooie soldaat gesien het, Het ek myself gesê dit sal nooit ek wees. 'n Familie man lyk net soos 'n terroris. Jihad beteken heilige oorlog, Maar ek het die verkeerde god aanbid in daai land. Hulle oorlog was 'n oorlog teen my. Ek het geantwoord met my geweer, Nooit vrae gevra nie. Ek het huis toe gekom met al my vingers en tone, Maar 'n gedeelte van my het agter gebly. In die aand maak my brein daai doods kompartement oop. Ek was 'n soldaat, Maar verkoolde lyke maak vir 'n kak alarm in die oggend, Lucifer se braai het 'n neiging om aan jou neus te kleef, Insomnia doen min om my senuwees te kalmeer. Meeste mense droom hul lewe lank om 'n held te wees, Ek herleef dit elke nag in my nagmerries.

Copyright © | Year Posted 2014




Post Comments

Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem.

Please Login to post a comment

Date: 1/20/2016 8:32:00 PM
JOHAN, I really enjoyed this poem thanks for sharing **SKAT**
Login to Reply

Book: Shattered Sighs