Mensekind
MENSEKIND
UNSUPPORTED CODE Ek is n mensekind
Nie net sommer van die wind
Ek het gevoelens
en baie goeie bedoelings.
Ek voel dikwels nie in beheer
en mense maak my kort – kort seer
Ek is soos ‘n teater:
Mense kom net vir vertonings
en dan sien jy hulle heelwat later
My hart is ‘n uitgedroogde sandkorrel
wat enige tyd kan breek en verkrummel
Ek is soms baie lui
Want ek vra net en kry
My woede is soos die Victoria watervalle
Dit bedaar amper nooit en tref
my naaste soos geweerknalle
Dag tot dag lewe ek
soms voel ek soos ‘n kraan wat lek en lek
My hart en siel behoort aan God
Somtyds wonder ek of God my en ander raaksien?
Ek is net nog ‘n mensekind
wat wonder of ek partykeer rus sal kan vind UNSUPPORTED CODE
Copyright © Cornelius Strydom | Year Posted 2013
|